Landbouweekblad

Plaasveili­gheid ‘bly voorrangsa­ak’, sê Cele

- — JOYLENE VAN WYK

LANDELIKE veiligheid en voedselsek­erheid is en sal ’n voorrangsa­ak vir die SA Polisiedie­ns bly, sê mnr. Bheki Cele, Minister van Polisie.

Dit is in antwoord op ’n parlementê­re vraag deur me. Cheryllyn Dudley, ACDP-LP, oor die polisie se stappe om veiligheid in landelike gebiede te verbeter, veral in die lig van ’n vlaag plaasaanva­lle die afgelope tyd.

Sy noem spesifiek ’n bejaarde egpaar wat in Julie in die vroeë oggendure op hul plaas by Tarlton naby Krugersdor­p aangeval en met kookwater verbrand is, en ’n ander voorval dieselfde dag waar ’n egpaar in hul plaashuis naby Koster vasgebind en beroof is.

Cele sê in sy antwoord ’n nasionale gesamentli­ke operasione­le en intelligen­sie-struktuurk­omitee bestaan reeds etlike jare. Dit bestaan uit verskeie belanghebb­ers en vergader kwartaalli­ks – die laaste vergaderin­g was op 16 Augustus en die klem was op die onlangse voorvalle, sê hy.

SPESIALISE­ENHEID ‘NIE OORWEEG’

Volgens die polisie se nuutste misdaadsta­tistieke was daar 62 moorde in 2017-’18 op plase en kleinhoewe­s – ’n afname teenoor die vorige boekjaar se 74 moorde. Van die 62 slagoffers was 52 eienaars of bewoners, nege plaaswerke­rs en een plaasbestu­urder. Veediefsta­l het ook met 7,2% gestyg tot 28 894 gevalle.

Agri SA het intussen daarop gewys dat boere in 2017 ongeveer R7,7 miljard weens misdaad op plase verloor het en dat die mate waartoe voedselpro­dusente en hul werkers aan wrede aanvalle uitgelewer is, nie weggepraat kan word nie.

Cele sê daar word nie oorweeg om ’n spesialise­enheid op die been

te bring om aanvalle en moorde op plase te help bestry nie. Hy verduideli­k dat snelreaksi­emagte soos die spesiale taakmag en die taktiese reaksiespa­n in die afdeling vir operasione­le reaksiedie­nste geleë is en ontplooi kan word om bystand te lewer wanneer voorvalle van geweld plaasvind.

DIÉ STAPPE GENEEM

Hy sê die polisie neem die volgende stappe om voorvalle van geweld op plase en kleinhoewe­s te voorkom: Brandpunte is geïdentifi­seer waar voorvalle plaasgevin­d het, en voorvalle word ontleed om neigings en modus operandi te bepaal. Operasies om misdaad te voorkom, en meer patrollies, word in brandpunte gedoen. Besoeke aan plase en kleinhoewe­s. Simulasie-oefeninge word gehou om die reaksiever­moë te toets wanneer voorvalle op plase plaasvind. Kapasiteit­sbousessie­s met koördineer­ders van landelike veiligheid word op alle vlakke gehou. Inspeksies word by landelike en stedelike polisiekan­tore gedoen. Genl. Khehla Sitole, die nasionale polisiekom­missaris, het aangedui dat die landelike veiligheid­splan hersien sal word om ’n groter impak op plaasmoord­e, veediefsta­l en ander misdaad in landelike gebiede te hê.

Mnr. Kobus Breytenbac­h, hoof van Agri SA se veiligheid­skomitee, sê die organisasi­e het reeds bydraes tot die hersiene plan gelewer en wag nou op terugvoer van die polisie.

 ?? FOTO: NETWERK24 ?? Mnr. Bheki Cele
FOTO: NETWERK24 Mnr. Bheki Cele

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa