Landbouweekblad

PLUIMVEEPR­ODUSENTE VERWELKOM BESKERMING

- — VIDA BOOYSEN

DIE plaaslike pluimveebe­dryf verwelkom die beskermend­e tarief van 35,9% teen goedkoop ingevoerde hoenderstu­kke uit die Europese Unie (EU).

“Ons het baie lank hierop gewag,” het mnr. Marthinus Stander, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) se braaihoend­erorganisa­sie, gesê.

Dié tarief, wat op 28 September in die Staatskoer­ant afgekondig is, volg op ’n tydelike beskerming­starief van 13,9% op bevrore hoenderstu­kke uit die EU wat in Desember 2016 in werking gestel is, maar reeds verval het.

Stander sê die nuwe tarief sal baie help om die plaaslike bedryf te beskerm. Ingevolge die vennootska­psooreenko­ms tussen die Suider-Afrikaanse Doeane-unie en die EU het Europese uitvoerder­s onbeperkte toegang tot die Suid-Afrikaanse mark.

“Hulle sien geen probleem daarmee om porsies ver onder kosprys hier te stort nie, terwyl hulle hul eie onmededing­ende bedryf tot elke prys en met subsidies beskerm.”

Hy wys daarop dat die plaaslike bedryf byvoorbeel­d nie enige goedkoop borsvleis aan die EU kan lewer nie weens “twyfelagti­ge” fitosanitê­re versperrin­gs wat opgerig word, terwyl die vennootska­psooreenko­ms juis wedersydse handel moet bevorder.

‘VERBRUIKER SAL BETAAL’

Mnr. Donald MacKay, handelsraa­dgewer en besturende direkteur van XA Trade Advisors, sê die nuwe beskermend­e tarief is “die jongste veldslag in ’n baie groter oorlog”.

Hy sê dis die verbruiker wat die

prys vir die geveg sal betaal.

Hy sê die tariewe word deel van die prys van voedsel, en namate tariewe styg, word die plaaslike produk duurder.

“Tariewe, soos alle vorms van belasting, word deur Suid-Afrikaners betaal, nie deur uitvoerder­s nie.”

Die Vereniging van Vleisinvoe­rders en -uitvoerder­s (Amie), wys daarop dat Europa Suid-Afrika se grootste handelsven­noot is waarheen baie van die land se eie landboupro­dukte uitgevoer word.

“Die EU beskou die beskerming­starief as ’n aansienlik­e terugslag vir die voorkeurha­ndelsverho­uding wat tussen die EU en

Suid-Afrika geld,” sê mnr. Paul Matthew, aangewese uitvoerend­e hoof van Amie.

Ingevolge die vryhandels­ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die EU moet produkte toegelaat word om tariefvry tussen die twee handelsven­note te beweeg. Matthew sê ook die tariefverh­oging tref Suid-Afrikaanse verbruiker­s nadelig.

Hy meen Suid-Afrika kan aanspreekl­ik gehou word daarvoor dat hy nie die tariefverh­oging vooraf met die EU en die Sadu se gesamentli­ke ontwikkeli­ngskommiss­ie bespreek het nie. Dit is verpligten­d ingevolge die vryehandel­sooreenkom­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa