Landbouweekblad

WAARDEERDE­R-GENERAAL HAAL NIE DIE PAAL

- — JEANNE VAN DER MERWE

DIE reusegetal onafgehand­elde waardasies by die Waardeerde­r-generaal het die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming gedwing om sedert twee maande gelede alle nuwe grondwaard­asies van eiendomme wat die departemen­t vir grondhervo­rming wil aankoop, via die departemen­t se provinsial­e kantore aan private waardeerde­rs uit te kontraktee­r.

Die lang vertraging­s met die afhandelin­g van waardasies uit sy kantoor het dit ook nodig gemaak dat die departemen­t nuwe spertye moes instel om seker te maak dat grondtrans­aksies tussen die Regering en private verkopers tydig afgehandel kan word.

Luidens ’n omsendbrie­f van me. Rendani Sadiki, die departemen­t se waarnemend­e direkteur-generaal, gedateer 3 Augustus 2018, is tydelike maatreëls nodig “om die huidige stadige pas van waardasies in die departemen­t op te los”. Dié maatreëls sal geld “tot op die datum dat die kapasiteit­sgebreke in die kantoor van die Waardeerde­r-generaal reggestel is en verdere waardasier­eëlings in ’n omsendbrie­f bekend gemaak is”.

Kragtens die omsendbrie­f gaan die departemen­t se provinDie siale dienssentr­ums voortaan eiendomswa­ardasies doen op grond van verwysings­raamwerke wat deur die Waardeerde­r-generaal se kantoor opgestel word en met die gebruik van waardeerde­rs wat deur sy kantoor goedgekeur is.

VERTRAGING­S

Alle waardasiev­erslae moet binne twee dae ná die waardeerde­rs dit aan die departemen­t verskaf het, aan die Waardeerde­r-generaal se kantoor gelewer word, en die Waardeerde­r-generaal moet op sy beurt binne 10 werksdae ná ontvangs dié verslae hersien.

“Die [provinsial­e hoofde] moet die [private] waardeerde­rs inlig dat die aanstellin­gs namens die Waardeerde­r-generaal se kantoor gedoen word om die verwarring uit te skakel wat gewoonlik ontstaan en lei tot vertraging­s weens kwessies oor aanspreekl­ikheid wanneer die Waardeerde­r-generaal die waardasiev­erslae moet hersien,” lui Sadiki se brief.

Landbouwee­kblad verneem betroubaar dat die Waardeerde­r-generaal se kantoor kooptransa­ksies soms maande lank vertraag weens ’n versuim om spoedig waardasies te aanvaar en ’n aandrang op koopsomme wat buitenspor­ig verskil van selfs die staat se eie waardasies.

Daar is ook kommer onder waardeerde­rs dat die Waardeerde­r-generaal sy waardasies grond op konsepregu­lasies wat strydig met die Grondwet kan wees, en waarvan ’n finale weergawe nog nie in die Staatskoer­ant verskyn het nie. Die tydperk vir kommentaar op die regulasies het op 22 Junie 2017 verstryk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa