Landbouweekblad

‘Pas aan om te oorleef’

- — VIDA BOOYSEN

BESKERM en verbeter jou bestaande produk en bly op die voorpunt van ontwikkeli­ng.

Dít was die raad van mnr. Freddie Wasserfall, voorsitter van SA Stamboek, aan ontvangers van die Elite-pryse vir melkbeesbo­ere in die Vrystaat.

Vrystaatse melkboere beleef tans moeilike tye omdat groot melkkopers hul aankope in die binneland verminder, terwyl prysverlag­ings en hoë produksiek­oste ook sy tol eis.

“As bedryf moet ons saamstaan om te oorleef. Ons kan ons nie verlekker in ’n ander se lot nie, want móre sit jy in dieselfde bootjie,” het Wasserfall gesê.

Melkboerde­ry was vanjaar op ’n tuimeltrei­nrit met melkpryse en voerpryse wat wipplank gery het, het dr. Pieter Henning van Meadow Feeds gesê.

Hy het boere aangeraai om ’n ander maatstaf te gebruik om die prys van voer te meet, naamlik die inkomstema­rge wat hulle bokant die voerkoste verdien.

“Die regte voer-vermenging en voedingspr­osedures is deurslagge­wend om koste onder beheer te bring.

WENNERS

Die maatskappy MD Foundation van Ficksburg se MD Dairy is vanjaar as SA Stamboek se Vrystaatse Elite-suiwelprod­usent aangewys. Drie boere, mnre. Danie Venter, Jacques Moll en Hannes Pretorius, bedryf die melkery wat uit 1 300 Holstein- en Jerseykoei­e in melk bestaan.

Mnr. Cobus Behrens van Waterbron-Jerseys by Ventersbur­g sê die grootste probleem vir melkboere is om kostedoelt­reffend te bly te midde van die wisselende melkprys en voerkoste.

Daar is darem vreugdes ook, sê Behrens, wat ’n dubbelgoue eerbewys gewen het.

“Sekerlik die grootste vreugde vir ’n melkboer is om ’n pasgebore kalfie te sien opstaan, of wanneer dit reën en natuurlik as die melkprys styg, maak dit ons baie bly,” het hy geskerts.

Melkboere wat SA Stamboek se Logix-melkaantek­eningstels­el gebruik, kom outomaties in aanmerking vir die kompetisie wat hul kudde se prestasie oor ’n jaar meet.

Goue, silwer en brons eerbewyse word toegeken, asook ’n aantal spesiale Elite-suiwelprys­e.

 ?? FOTO: VIDA BOOYSEN ?? SA Stamboek se Elite-pryse vir suiwelboer­e in die Vrystaat is in Bloemfonte­in oorhandig. Van links is mnre. Freddie Wasserfall, voorsitter van SA Stamboek, Danie Venter van MD Dairy by Ficksburg (SA Stamboek se Vrystaatse Elite-suiwelprod­usent en wenner van ’n dubbelgoue eerbewys), Cobus Behrens van Waterbron-Jerseys by Ventersbur­g wat dubbelgoud gewen het en dr. Pieter Henning, tegniese bestuurder van herkouers by Meadow Feeds.
FOTO: VIDA BOOYSEN SA Stamboek se Elite-pryse vir suiwelboer­e in die Vrystaat is in Bloemfonte­in oorhandig. Van links is mnre. Freddie Wasserfall, voorsitter van SA Stamboek, Danie Venter van MD Dairy by Ficksburg (SA Stamboek se Vrystaatse Elite-suiwelprod­usent en wenner van ’n dubbelgoue eerbewys), Cobus Behrens van Waterbron-Jerseys by Ventersbur­g wat dubbelgoud gewen het en dr. Pieter Henning, tegniese bestuurder van herkouers by Meadow Feeds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa