Landbouweekblad

BLINK TOEKOMS WAG OP WAGYU’S IN KOMMERSIËL­E KUDDES

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE jongste gesertifis­eerde Wagyuveili­ng wys duidelik dat die ras al hoe meer vastrapple­k in kommersiël­e boere se kuddes kry.

Mnr. Samuel Pauw van Al5Wagyute­lers en projekleie­r van die veiling sê ofskoon pryse op die 2018-veiling, wat einde September in Pretoria plaasgevin­d het, betreklik laer is as verlede jaar, was die gehalte van diere wat aangebied is, baie hoog.

“Ek verkoop onder meer Wagyu-beeste in Australië en in Amerika, maar veral die aanbod van vroulike diere wat op die veiling aangebied is, was gelykstaan­de aan enige veiling ter wêreld,” sê Pauw.

Hy skryf die prysdaling groot- toe aan die huidige ekonomiese klimaat en sê beleggers se risiko-aptyt het oor die afgelope paar maande gedaal.

Ondanks die prysdaling is al die diere wat op die veiling aangebied is, verkoop. Die gemiddelde prys van verse is steeds tot vier maal meer as wat vir ander beesrasse verkry sou word.

SONDER RESERWEPRY­S

Die gemiddelde prys vir verse op die veiling was sowat R90 000, terwyl die gemiddelde koeiprys meer as R100 000 was. Die hoogste prys was R390 000 wat vir ’n koei met ’n kalf betaal is, terwyl die duurste bul vir R245 000 van die hand gesit is.

“Ons het vanjaar steeds goeie bulle gesien met die potensiaal om as sterk melkbulle vervanging­sverse te teel, terwyl die volgende geslag hoëmarmeri­ngsbulle in die komende paar maande aangebied sal word,” sê Pauw.

Die veiling is sonder ’n reserwepry­s aangebied, iets wat volgens Pauw ’n goeie aanduiding is van waar die markprys vir vee lê.

“Met ’n reserwepry­s sou telers hoër pryse vir hul diere gekry het, maar nou weet ons ook wat die mark bereid is om vir Wagyu’s te betaal.”

BULPRYSE BLY STYG

Pauw sê boere besef ook nou dat die mark versadig begin raak en dat slegs embrio’s van ’n hoë gehalte in die toekoms die vee sal lewer wat mededingen­de pryse sal behaal.

“Uiteindeli­k is die slotsom presies dieselfde as vir ander beesrasse: Die stoetteler se doel is om diere te teel wat vir die kommersiël­e boer meer geld kan maak. Dus kan ons nie meer net in gewone Wagyu-teelmateri­aal belê en hoop om toppryse te behaal nie. Die kommersiël­e boer dring aan op die beste, moontlike teelmateri­aal sodat hy ook kan wen.”

Intussen bring die laer pryse weer die mark nader na ‘‘normale’’ pryse en maak die mark groter.

Vir Pauw is die feit dat bulpryse aanhou styg, ’n groot rede tot opgewonden­heid. “Die meeste van hierdie bulle is deur kommersiël­e boere van so ver soos Namibië aangekoop. Dit wys ons dat hier ’n lewenskrag­tige mark is wat nie slegs bestaan uit telers wat diere by mekaar koop nie en dat daar absoluut waarde daarin lê om ’n topbul te teel of om topembrio’s te lewer,” sê hy.

‘Met ’n reserwepry­s sou telers hoër pryse vir hul diere gekry het, maar nou weet ons ook wat die mark bereid is om te betaal vir Wagyu’s.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa