Landbouweekblad

Kom vra self vir Faffa by Agri-Expo Livestock

- — ALANI JANEKE

DIE lewendehaw­ebedryf word vanjaar weer uit alle hoeke beskou op die jaarlikse Agri-Expo Livestock, wat van 11 tot 13 Oktober by Sandringha­m buite Stellenbos­ch aangebied word.

’n Aantal leiers in die veebedryf kom dra hul kennis gratis oor op die Vleisbees-inligtings­dag. Die bekende veearts dr. Faffa Malan, skrywer van Landbouwee­kblad se gewilde Vra vir Faffa en voorsitter van die Herkouerve­terinêre Vereniging, is ’n spreker by beide die vleisbeese­n melkbok-inligtings­dag. Hy kom stel ook sy verbeterde Vra vir Faffa-portaal as deel van die nuwe kundiges-afdeling op Landbou.com bekend, en sal enige belangstel­lendes by die Landbouwee­kblad-stalletjie te woord staan. Die bekroonde Oos-Vrystaatse vleisbeest­eler mnr. Llewellyn Angus, verlede jaar se wenner in die Landbounav­orsingsraa­d se kompetisie vir die Nasionale Vleisbeesv­erbetering­skudde van die Jaar, praat oor die basiese beginsels van ’n suksesvoll­e vleisbeesb­oerdery. Dr. Vlok Ferreira, tegniese bestuurder by RCL Foods en ’n kenner oor herkouervo­eding en -bestuurste­lsels, gee raad oor korrekte voedingsbe­stuur by koeie en verse. Mnr. Willie Clack, die nasionale voorsitter van die Veediefsta­lvoorkomin­gsforum en tweede ondervoors­itter van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), praat oor die rol van die boer as beskermhee­r in veediefsta­lvoorkomin­g.

SKAAPHONDE

’n Veiling van werkende skaaphonde vind vir die tweede agtereenvo­lgende jaar op dié ekspo plaas ná die eerste een in meer as 30 jaar verlede jaar hier aangebied is.

Mnr. WA Hugo, skaaphond- afrigter van Lambertsba­ai, sê die voordeel van die veiling is dat die honde reeds afgerig is en dadelik deel kan word van ’n veeboer se werksmag. Daar is van Donderdag tot voor die veiling op Vrydag deurlopend­e demonstras­ies waar hanteerder­s sal verduideli­k wat van ’n skaaphond verwag word, en kenners is ook by die Suid-Afrikaanse Skaaphondv­ereniging se stalletjie beskikbaar.

Sowat 2 500 skoolkinde­rs sal die plaaslewe van nader leer ken danksy ’n dinamiese opvoedkund­ige program. Kinders kan die ekspo ook saam met hul ouers besoek – toegang is vir hulle gratis op Donderdag en Vrydag, en daar is meer as 300 verskillen­de plaasdiere, ’n troetelpla­as en skou vir hase.

Vir nog inligting besoek www. diegrootpl­aasproe.co.za of volg Die Groot Plaasproe op Facebook, Instagram of Twitter.

 ??  ?? Dr. Faffa Malan
Dr. Faffa Malan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa