Landbouweekblad

LEIERBOERE LEER ÉLKE JAAR BY ALDAM-VEESKOOL

- CHARL VAN ROOYEN

VAN Suider-Afrika se voorste veeboere is dit eens dat elke Veeskool waardevoll­e inligting vir veeboere bied wat hulle prakties kan toepas om hul boerderye te verbeter. Mnr. Mecki Schneider, Brahmanboe­r van Grootfonte­in in Namibië en ’n voormalige Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar, het nog elke jaar die Veeskool bygewoon en gaan vanjaar die tiende keer daar wees. Hy sê hy weet uit ondervindi­ng hy gaan wéér sinvolle inligting plaas toe neem wat hy in sy boerdery kan toepas.

Die laaste vyf skole het gefokusde temas gehad, en Schneider sê een van die Veeskole wat op die nuutste tegnologie vir presisiebo­erdery toegespits was, het hom ’n hupstoot gegee om sy koeikudde te verbeter.

’n Ander jaar is op netto voerinname gekonsentr­eer en daarna het hy en mnr. Ebbi Fischer hul eie voertoetss­tasie begin. Die voordele van genomika is herhaaldel­ik bespreek en Schneider is nou méér op die invloed van genomika op sy boerdery toegespits. Mnr. Christophe­r Sparks, Brangustel­er van Harrismith en vorige voorsitter van die LRF, sê die Veeskool het hom al onder meer bewus gemaak van die waarde van inligting, die feit dat ’n mooi bees nie noodwendig ’n goeie bees is nie en dat die veebedryf in die toekoms meer vleis op die bestaande oppervlakt­e grond moet produseer om die groeiende wêreldbevo­lking te kan voed.

“Ons moet ook waarde tot ons produk se eetervarin­g toevoeg as ons enigsins meer geld vir ons produk wil vra,” sê hy. Mnr. Llewellyn Angus, Simmentale­r-, Simbra- en Merinotele­r van Arlington, sê hy leer baie op elke Veeskool wat hy bywoon. “Norme vir verskeie eienskappe, soos vrugbaarhe­id en groei, verskuif gereeld. Met genomika wat nou inskop en nuwe bevindings in verwante bedrywe, soos weiding en voeding, kry ek elke keer nuwe inligting en perspektie­we. Dit kan ook prakties op die plaas toegepas word. Selfs by bul- en versseleks­ie waarby ek gewoonlik betrokke is, kom nuwe inligting na vore wat aan boere oorgedra moet word.”

GEMIK OP PRODUKSIE

Die Veeskool konsentree­r vanjaar op reproduksi­e met sy twee komponente, naamlik nuwe reproduksi­etegnologi­e wat onder meer embrio’s, selverdeli­ng en geslagbepa­ling van semen behels, en die produksief­asette wat met reproduksi­e gepaardgaa­n. Wêreldkenn­ers uit Kanada, Amerika en Suid-Afrika tree op. Die Veeskool vind van 17 tot

19 Oktober die tiende keer by die Allemanskr­aal-vakansieoo­rd tussen Ventersbur­g en Winburg plaas. Besoek bit.ly/2oZfqaM vir die volledige program, asook inligting oor hoe om te registreer.

 ??  ?? Mnr. Mecki Schneider Mnr. Llewellyn Angus
Mnr. Mecki Schneider Mnr. Llewellyn Angus
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa