Landbouweekblad

PAKHUIS BRING NUWE GELEENTHED­E VIR OOS-KAAPSE BOERE

-

’N SITRUSPAKH­UIS van R55 miljoen is onlangs in die Oos-Kaap geopen. Dit sal veral drie swart boere in staat stel om aansienlik meer van hul oes uit te voer.

Die Ripplemead-pakhuis, wat aan streng internasio­nale akkrediter­ing- en sertifiser­ingstandaa­rde voldoen, het ’n Dormas- optiese sorteermas­jien met vier lyne wat 20-30 ton sitrus per uur kan sorteer na gelang van die soort en grootte van die vrugte.

Mnr. Xolile Nqatha, OosKaapse LUR vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, het op 28 Augustus die pakhuis in die munisipale distrik Ngqushwa in die OosKaap geopen.

Dié inisiatief, wat deur die Oos-Kaapse departemen­t van landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming se transforma­siestrateg­ie vir landboueko­nomie gefinansie­r is, is spesifiek van stapel gestuur om drie plaaslike swart boere – mnre. Zukile Mgadle, Hambile Nyamezeli en Khayalethu Mpahla – te ondersteun. Hulle verbou tans sitrus, waaronder suurlemoen­e en sagtesitru­s, op 177 ha langs die Keiskammar­ivier in die voormalige Ciskei. Die boere, wat op grond boer wat hulle deur die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming bekom het en wat gesteun is deur die Regering se herkapital­isasie-en-ontwikkeli­ngsprogram, kon ’n aansienlik­e deel van hul sitrus na lande in Europa, Noord-Amerika, Asië en die Midde-Ooste uitvoer.

Voor die voltooiing van die Ripplemead-pakhuis het die boere tot 20% van hul vrugte op Fort Beaufort en later op Patensie verpak, en die res in ’n 90 jaar oue sinkskuur op Ripplemead, Mgad-

UITVOERMAR­K

le se plaas. Tot 40% van die vrugte is weens oorrypheid verloor – selfs voor dit by die outydse pakskuur aangekomhe­t–omdatdiedr­ie boere moes beurte maak om te pak, wat ’n tydrowende proses in spitstyd was. Boonop het internasio­nale kleinhande­laars wat die hoërinkoms­tegroepe bedien, nie vrugte aanvaar wat in die ou pakhuis verpak is nie vanweë sertifiser­ings- en akkrediter­ingskwessi­es.

Volgens mnr. Spencer Johnson, groep- besturende direkteur van die sitrusuitv­oerder Lona, het die nuwe pakhuis dit totaal verander. “Noudat hulle die nuwe pakhuis het, sal hul vrugte aan supermarkt­e wat die hoërinkoms­tegroepe bedien, verkoop word.”

NÓG PRODUKSIE

Volgens Mgadle sal vrugte van ’n bykomende 40 ha volwasse bome in die volgende paar jaar ’n aansienlik­e bydrae lewer tot groter uitvoervol­umes as die 150 000 kartonhoue­rs wat vanjaar verpak is. Nyamezeli sê ook sitrusproj­ekte in die plaaslike gemeenskap en die lok van boere van verder weg sal tot groter volumes vir die pakhuis bydra.

“Die drie van ons het ’n koöperasie gestig, maar ons het ook ander boere en veral die plaaslike gemeenskap aangemoedi­g om te plant sodat hulle hul vrugte hierheen kan stuur. Daar is ook boere wat sitrus by Fort Beaufort verbou wat hul vrugte hier wil kom pak.’’

Volgens Nqatha is die Regering daartoe verbind om swart sitrusboer­e in die gebied te ondersteun sodat hulle doeltreffe­nd in die Oos-Kaapse sitrussekt­or kan meeding. “Dit (die Ripplemead-pakhuis) is ’n voorbeeld van iets wat ons meer moet doen. Ons het hierdie pakhuis geopen as ’n huldeblyk aan die werk wat swart boere doen. Ons vier swart uitnemendh­eid.”

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die binnekant van die nuwe sitruspakh­uis op die plaas Ripplemead.
FOTO: VERSKAF Die binnekant van die nuwe sitruspakh­uis op die plaas Ripplemead.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa