Landbouweekblad

Dié onsekerhei­d verlam

- — NICO VAN BURICK

HY het nog nooit boere só onseker soos nou gesien nie. Dit is ongesond en in sommige gebiede selfs heeltemal irrasionee­l, sê mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA.

Hy sê Suid-Afrika is steeds ’n netto uitvoerder van landboupro­dukte. Vir verdere groei is meer markte en veral beleidseke­rheid nodig. Hy sê as ’n sektor en ’n land is daar ’n beperkte geleenthei­d om volhoubare oplossings vir die ingewikkel­de probleme van grondhervo­rming te vind.

“Ons moet dit saam doen en met groot erns bejeën. ’n Holistiese benadering moet gevolg word, want daar is nie een plan wat vir almal gaan werk nie.”

Hy sê vennootska­ppe moet bevorder en gekoester word om plaaswerke­rs se lewensgeha­lte te verbeter en ook ’n nuwe klas swart kommersiël­e boere te vestig.

“Die deure van die regerende party is nou oop en ons moet met die Regering skakel om planne te begin toepas.”

Hy het verwys na Agri SA se holistiese plan wat in 2014 saamgestel is. Dit bevat elemente, soos volhoubare restitusie-modelle, steun vir boere in kommunale gebiede, volhoubare en bekostigba­re finansieri­ng vir nuwe boere en ’n agentskap of spesiale organisasi­e om na toepassing om te sien.

’n Belangrike element is ’n ontwikkeli­ngsfonds waartoe die landbou, die private sektor én die Regering moet bydra.

 ??  ?? Mnr. Dan Kriek
Mnr. Dan Kriek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa