Landbouweekblad

AUSTRALIË SE PRODUKSIE DAAL

-

VOLGENS Australië se jongste vooruitska­tting gaan produksie weens die droogte na verwagting tot 322 miljoen kg daal. Dit is selfs laer as in 2015-’16 toe produksie op 325 miljoen kg te staan gekom het.

Australië het tydens die wolbloeity­d in die laat 1980’s toe wolpryse op rekordvlak­ke was, meer as 800 miljoen kg wol per jaar geprodusee­r.

In 1989-’90 is ’n rekordprod­uksie van 1 030,9 miljoen kg aangeteken. Suid-Afrika se produksie het in dieselfde seisoen op 96,9 miljoen kg gestaan en die seisoen daarna tot 101,7 miljoen kg gestyg.

Die bodem het kort daarna uit die mark geval weens politieke gebeure in die wêreld se twee grootste wolverbrui­kerslande.

In China het die bloedblad op Tiananmen-plein in Junie 1998 ná die studente-opstand buitelands­e beleggers laat onttrek, wat die land sonder buitelands­e inkomste gelaat het om wol te koop.

Die val van kommunisme in November 1989 het die voormalige Sowjetunie (USSR) laat verbrokkel. Saam het dié twee moondhede 36% van die wêreld se wol verbruik, hoofsaakli­k vir uniforms.

Die wêreldprys vir wol het daarna drasties gedaal. Australië het met ’n groot voorraad wol gesit en dit het jare geduur voor hy daarvan ontslae kon raak.

Droogtes, die omskakelin­g na ander boerderyve­rtakkings en onbestendi­ge wolpryse het daarna veroorsaak dat wolproduks­ie wêreldwyd begin daal het tot vandag se histories lae vlakke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa