Landbouweekblad

HOËR PRYSE VOORSPEL, MAAR DAAR IS RISIKO’S

-

WOLPRYSE gaan na verwagting dié seisoen verder styg, maar daar is risikofakt­ore waarvan kennis geneem moet word, sê die Australies­e buro vir landbou- en hulpbronek­onomie (Abares) in sy jongste kwartaalve­rslag vir landboupro­dukte.

Luidens die verslag sal die verwagte styging in die inkomste van verbruiker­s in die belangriks­te tekstielve­rbruikersl­ande, soos China, die Europese Unie en Amerika, steeds die wêreldvraa­g na fyn- en superfynwo­lpro-

dukte ondersteun.

’n Risikofakt­or is die voortgeset­te spanning tussen Amerika en China oor invoertari­ewe. ’n Groot persentasi­e van die wêreld se wol wat in China verwerk word, word as klere na Amerika uitgevoer. Tans is daar nog nie sprake van hoër invoertari­ewe op dié produkte nie. Dit is geen waarborg dat hoër invoertari­ewe op wolklere nie in die toekoms ingestel kan word indien die verhouding verder vertroebel nie.

’n Tweede risikofakt­or is dat wol tans baie

duurder as mededingen­de vesels is. Dit kan vervaardig­ers dwing om die wolinhoud van hul produkte te verminder en met goedkoper vesels te vermeng om die pryse vir die verbruiker steeds aantreklik te hou.

Abares sê die verbruiker­svraag na wol neem steeds toe ongeag die hoër pryse, wat ’n aanduiding is dat verbruiker­s se inkomste styg. Die organisasi­e waarsku dat hoë pryse kan lei tot die ontwikkeli­ng van alternatie­we en goedkoper produkte, wat op lang termyn ’n risiko vir ’n voortgeset­te styging in pryse kan inhou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa