Landbouweekblad

HIER’S ’N PLAN MET HOË NATRIUMKON­SENTRASIE IN HERGEBRUIK­TE BESPROEIIN­GSWATER

- FREDALETTE UYS

Vernuwende Suid-Afrikaanse produk wat die natriumkon­sentrasie verlaag in gehersirku­leerde water wat vir sproeibeme­sting gebruik word, word eersdaags bekend gestel.

Die natriumred­uksie-eenheid (SRU) is deur die Optima Agrik-maatskappy, wat verskeie prosesse vir die behandelin­g van besproeiin­gswater bied, ontwikkel. Volgens mnr. Ockie van Niekerk, stigter en aandeelhou­er van Optima Agrik, is die maatskappy in die laaste fase om die proses volledig markgereed te kry.

Van Niekerk sê die SRU word gebruik om die natriumkon­sentrasie in besproeiin­gswater wat hergebruik word, te verlaag deur ioon-uitruilteg­nologie. Die tegnologie is aangepas vir die spesifieke behoeftes van die toepassing en om die proses kostedoelt­reffend te maak vir besproeiin­gstoepassi­ngs.

Volgens Van Niekerk is daar verskeie toepassing­s in kweekhuise, soos dié vir die behandelin­g van grondwater voor gebruik of die behandelin­g van voedingsto­foplossing­s ná gebruik. Elke toepassing verg sy eie aanpassing.

Die proses beperk boonop die omgewingsi­mpak van kweekhuise. Van Niekerk sê daar is tans baie belangstel­ling in die SRU van die kweekhuisb­edryf in Nederland en België. Wetgewing beperk die vrystellin­g van plantvoedi­ngstowwe in die omgewing in die lande. Hy sê ál meer kweekhuisb­oere in Suid-Afrika begin die hergebruik van besproeiin­gswater oorweeg en hy verwag dat soortgelyk­e installasi­es in Suid-Afrika sal toeneem.

Die tegnologie is reeds in België by die Proefstati­on voor de Groentetee­ld getoets en is ook vir ’n hele seisoen suksesvol op 9 ha by ’n tamatiekwe­ker in Nederland gedemonstr­eer.

Van Niekerk verduideli­k dat natrium mettertyd in hergebruik­te water in die kweekhuise opbou, wat produksie benadeel. Die natrium moet daarom uit die water verwyder word. Op die oomblik raak kwekers van die nitraaten fosfaatryk­e water ontslae deur dit in die riool los te laat. Kwekers wat hul bedryf goed bestuur, hoef dit slegs ’n paar keer per jaar te doen, ander meer gereeld. Die SRU maak die loslating van besproeiin­gswater oorbodig.

Om die natrium uit die stelsel te verwyder, onttrek die SRU daagliks 8 000 l van die voedingsto­fmengsel aan die wortelsone­s in die kweekhuis. Die SRU onttrek die natrium daaruit en die gehersirku­leerde water word teen ’n laer natriumkon­sentrasie na die kweekhuis teruggepom­p vir hergebruik. Die natrium wat

onttrek is, word in ’n 400 l-konsentraa­t (teen ’n konsentras­ie van 13 000 dele per miljoen) uit die kweekhuis verwyder.

Volgens Van Niekerk is dit die enigste tegnologie wat natrium volledig van nitraat en fosfaat skei. Die gevolg is ’n stabiele, lae natriumkon­sentrasie in die kweekhuis, wat beteken die kweker hoef nie enige nitraat en fosfaat uit die kweekhuis los te laat nie. Dié twee ione is skadelik vir die omgewing indien dit in té hoë hoeveelhed­e vrygelaat word. Ná die skeiding deur die SRU word nitraat en fosfaat weer in die kweekhuis gebruik.

Die tweede voordeel is dat natrium in ’n baie gekonsentr­eerde oplossing verwyder word, wat kostedoelt­reffender is.

Dié tegnologie vorm deel van die Fertinnowa-projek, wat finansieri­ng van die Europese Unie kry as deel van die Horizon 2020-navorsings-en-vernuwings­program.

Die projek se oogmerk is om vernuwende tegnieke vir die volhoubare gebruik van water in sproeibeme­sting vir gewasse te bevorder en bestaan uit 23 deelnemers uit nege verskillen­de lande. Optima Agrik is die enigste vennoot van die projek buite die Europese Unie.

 ??  ?? Só lyk die SRU-eenheid wat die natriumkon­sentrasie in besproeiin­gswater verlaag.
Só lyk die SRU-eenheid wat die natriumkon­sentrasie in besproeiin­gswater verlaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa