Landbouweekblad

NUWE STRATEGIES­E RAAMWERK VIR AKWAKULTUU­R

- — FREDALETTE UYS

Die Departemen­t van Handel en Nywerheid en die Department van Landbou, Bosbou en Visserye het in Augustus die nasionale strategies­e raamwerk vir akwakultuu­r bekend gestel.

Die doel van die raamwerk is om tydsgebond­e aksieplann­e te ontwikkel om ’n volhoubare en mededingen­de akwakultuu­rsektor te ontwikkel wat tot werkskeppi­ng sal lei en voedsel produseer.

Volgensdie­Suider-Afrikaanse Akwakultuu­rverenigin­gisdiebedr­yf versigtigo­ptimisties­datdiestra­tegie diebroodno­digeversne­ldeontwikk­elingvandi­esektorsal­meebring.

Luidens die raamwerk is die sektor tans gestrem deur ’n duidelike tekort aan ’n regulatori­ese omgewing wat akwakultuu­r aanmoedig. Dit word tans gekenmerk deur ongelyke oorregulas­ie vergeleke met ander kosproduse­nte.

Die Regering verbind hom volgens die raamwerk daartoe om duidelike en bondige doelwitte saam te stel. Hy noem ook dat die ontwikkeli­ng van die bedryf ’n voorrangsa­ak is. “Die Regering erken die geleenthed­e wat deur akwakultuu­r gebied word, en is daartoe verbind om geskikte platforms te skep vir toegang tot en die optimale gebruik van hulpbronne.”

Die dokument stel duidelike riglyne oor wat die verwagte rol van die Regering en die private sektor sal wees om groei in die bedryf aan te moedig. ’n Departemen­tele taakspan sal vir die inwerkings­telling verantwoor­delik wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa