Landbouweekblad

WIE MOET DIE KOSTE VAN ’N KEERMUUR DRA?

- BUTCH VAN BLERK Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad.

Ek het ’n ernstige kwessie met my buurman oor sy keermuur wat omgeval het. Ons woon nog net drie jaar in die huis. Die keermuur is meer as 30 jaar gelede gebou, binne die grense van sy erf en sowat 1,8 m sy erf se grenslyn af — sonder ’n fondament en met klippe uit die omgewing. Die keermuur het omgeval en daarmee saam ook die draadheini­ng wat bo-op die muur was. Hy beweer ná meer as 30 jaar wat die muur staan, dat dit my skuld is dat die muur omgeval het en dat ek 50% aanspreekl­ik is vir die herbou van die nou herontwerp­te keermuur van gewapende beton wat hulle al begin bou het. ’n Aantyging dat ons water gelei het deur ’n afvoerpyp is ongegrond. Die afdak loop skuins met ’n val van 200 mm weg van die muur en laat water uit op die plaveisel wat wegloop na die laagste punt van die bure onderkant ons. Ons het nie die geld om ’n hofsaak te beveg of vir hierdie dure muur te betaal nie. Is ek verantwoor­delik vir ’n keermuur in sy erf en/of vir die grensdraad bo-op? Ten opsigte van munisipale eiendomme geld die reël dat ’n eienaar van ’n erf self vir die omheining van sy erf verantwoor­delik is. Dit gebeur soms dat aangrensen­de eienaars met mekaar ooreenkom dat hulle die koste van ’n gemeenskap­like heining tussen hul twee erwe sal deel. Een eienaar is egter nie verplig om by te dra tot die koste van ’n heining wat sy buurman wil oprig nie. In hierdie geval waar die keermuur 1,8 m vanaf die grenslyn op die buurman se eiendom gebou word, rus daar geen verpligtin­g op u om tot die koste vir die herbou van die muur by te dra nie. Ook nie tot sy heining bo-op sy keermuur nie. Dit gebeur soms dat ’n munisipali­teit van ’n eienaar vereis dat hy ’n keermuur op sy eiendom oprig, byvoorbeel­d om te voorkom dat water in ’n verkeerde rigting vloei. Kostegewys het dit meestal niks met die aangrensen­de eienaar, in hierdie geval uself, uit te waai nie. Die buurman kan in hierdie geval geen koste van u eis nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa