Landbouweekblad

MONITOR ONKRUIDE MET KAMERAS

-

Enige saaiboer sal beaam dat die doeltreffe­nde gebruik van onkruiddod­ers ’n duur probleem is. Die regte tydsbereke­ning van bespuiting­s en weerstand teen onkruiddod­ers maak die taak nóg moeiliker. WeedIt bied ’n oplossing vir hierdie probleme en maak ’n besparing van tot 90% moontlik, na gelang van die onkruiddru­k.

Hierdie tegnologie sluit in monitering van onkruide met behulp van kameras. Die kameras skyn rooi ligte op die grond wat deur die chlo rofilkompo­nent van lewende plante weerkaats word om sodoende spesifieke kanale in die kamera te aktiveer wat daarvolgen­s die spuitkoppe vir akkurate bespuiting rig.

Onkruiddod­ers word volgens die standaardm­etode teen 300 liter/ha gespuit. Met Weedit se gerigte bespuiting­s tegnologie is dit moontlik om met 30 liter/ha weg te kom; ’n besparing van tot 90%.

Weens onkruiddod­ers se hoë koste wag die boer in die praktyk vir onkruid en opslag om op te kom voordat hy ’n bespuiting doen. Dit lei egter tot onkruide wat aansienlik groter en sterker is en sodoende ’n hoër dosis onkruiddod­er benodig om doeltreffe­nd te wees. Sulke onkruide wat nie vrek nie, kanto t onkruiddod­er weerstand lei.

WeedIt kan onkruide van net 2 cm² teen ’n grondspoed van 25 km/h identifise­er en akkuraat bespuit. Die oppervlak toestande en bestendigh­eid van die spuitbalk is uiteraard ’n bepalende faktor. WeedIt se stelsels kan op bestaande spuitbalke gemonteer word of ’n doelgemaak­te spuit kan gebou word. Prys: Die koste is vanaf R69 per lopende meter op spuitbalke van 30 m en langer tot R86,50 op spuitbalke van 10 m.

NAVRAE: Mnre. Johan Reichel (Noord-, Wes- en Suid-Kaap), sel 083 672 0121; Jonathan Francisco (Noordwes, Limpopo en Noord-Vrystaat), sel 082 7076051 ; Chris le Roux (Gauteng, Mpumalanga en Noord-KwaZulu-Natal) sel 082 787 6718; Lourens Janse van Rensburg (Vrystaat, KwaZulu-Natal en OosKaap), sel 082 859 5982.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa