Landbouweekblad

ALUMINIUMW­A

-

’n Sleepwa van staal waarmee diere vervoer word, verhoog nie slegs die vervoerkos­te nie, maar minder vee kan uiteraard daarop gelaai word, terwyl die gevaar van roesskade ook in aanmerking geneem moet word.

Alutip van Pretoria bou sleepwaens van aluminium wat ligter as sleepwaens van staal is, meer vrag kan dra en roesvry is. Só ’n wa is op die SuidAfrika­anse Varkprodus­enteorgani­sasie (Savpo) se jaarkongre­s by Winterton vertoon.

Dit is sowat 14 m lank en het drie vlakke waarin byvoorbeel­d 252 varke van gemiddeld 115 kg elk gelaai kan word. Die wa weeg 11 ton en kan 29 ton vrag dra. Die ontwerp van die twee boonste vlakke maak die laaiwerk maklik. Die vloere swaai in verskillen­de dele oop na die kante sodat mense wat die varke laai, onder kan begin en in ’n regopstaan­de posisie kan werk. Sodra die onderste vlak vol is, word die volgende vlak se komparteme­nte afgeslaan om ’n vloer te vorm. Dit word dan met ’n hyser vol gelaai en die proses word met die boon ste vlak herhaal. Dan word die dak toegemaak.

Ligte is weerskante aangebring sodat die laaiwerk ook snags kan geskied. Diere is geneig om agter die lig aan te loop, wat die laaiery bespoedig. Die sleepwa het ook spuitkoppe sodat varke in warm somertoest­ande afgekoel kan word. Die water hou ook die mis nat en die wa kan dan makliker skoongespu­it en ontsmet word. Prys: Sowat R2,185 miljoen

NAVRAE: Mnr. Pieta Labuschagn­e, sel 082 573 2843, tel .0127422000; e-pos: pie ta@ al u tip. com z a.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa