Vrystaatse melkboere maak planne
Melkboere in die Vrystaat moet verskeie struikelblokke oorkom ter wille van die bedryf se voortbestaan in dié provinsie, maar die Melkprodusente-organisasie in Bloemfontein is gereed vir aksie.
Swak provinsiale paaie, boere wat nie meer deur melkkopers bedien word nie, en die toekoms van sowat 30 000 plaaswerkers én hul afhanklikes wat deur ’n kwynende binnelandse melkbedryf geraak word, is van die struikelblokke wat gesamentlik deur die Vrystaatse regering en die georganiseerde melkbedryf gehanteer gaan word.
Dit volg ná samesprekings tussen ’n afvaardiging van dr. Benny Malakoane, die Vrystaatse LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, en die Melkprodusente-organisasie (MPO) in Bloemfontein.
Laer produsentepryse, wisselkoers skommelings, verhogings in die koste van produksiemiddele, ’n toename in die invoer van melk en melkprodukte, veranderende verbruikers voorkeure en die vervoer van melk, beproef die winsgewendheid van die Vrystaatse melkbedryf.
Die afgevaardigdes het besluit om kwartaallikse vergaderings in Malakoane se teenwoordigheid te hou en maandeliks saam met ’n werkgroep, bestaande uit lede van die MPO en amptenare van die Vrystaatse landboudepartement.
Dr. Chris van Dijk, uitvoe- rende hoof van die MPO, sê dié model vir samewerking met die provinsiale regering kan na ander provinsies uitkring.
“Die LUR se afvaardiging is ten gunste van die behoud van voedselsekerheid en die vestiging van nuwe boere,” sê hy.
Die Vrystaat kan nie, met inbegrip van die omstrede Vrede-melkprojek, oor suksesvolle melkboer ontwikkeling spog nie.
“Ons sit met boere wie se melk nie opgelaai word nie en wat dus geen afsetgebied daarvoor het nie. Sowat 6 500 werkers op plase word daardeur geraak. Saam met hul afhanklikes is dit meer as 30 000 mense wat deur die kwynende Vrystaatse bedryf geraak word.”
OORSKOT
Van Dijk sê ondanks die droogte is 5%-6% meer melk in die eerste ses maande vanjaar gelewer as verlede jaar. “Dit kan toegeskryf word aan beter voedings rantsoene vir die volvoer kuddes ,” sê hy.
Sowat 84% van Suid-Afrika se melkproduksie kom uit die kusstreke, met die res uit die sentrale en noordelike dele. Die volume van die melkproduksie, die gehalte daarvan en die afstand van die mark is van die bepalende faktore vir volhoubare melkproduksie en die bepaling van ’n produsenteprys.
Van Dijk sê die Vrystaatse boere het wel ’n liggin gsvoordeel, maar die produksievolume is soms te min. Daar is ook beweringe van gehalteprobleme. Van die melkkopers word onder meer deur swak provinsiale paaie afgeskrik en ry eerder deur die Vrystaat om volle vragte van tot 30 000 liter melk van Cradock af na die verwerk ingspunte in die noorde te vervoer.
“Een van die melkkopers het gesê hy kan nie sy vragmotors op die swak Vrystaatse paaie toelaat om klein hoeveelhede melk by verskeie boere op te laai nie,” sê Van Dijk.
“Dit is ’n ekonomiese besluit vir melkkopers, maar ongelukkig ten koste van die Vrystaatse produsent.”
Die provinsie het net 186 melkboere oor, ’n afname van sowat 80% teenoor die aktiewe 929 melkboere van 2009. Van Dijk stel die gelykspeelpunt vir ’n volvoerkudde as ’n koei-eenheid van meer as 300. Die land se kuddegemiddelde is 393 koeie per eenheid.
Die Vrystaatse MPO het op
sy onlangse jaarvergadering kennis geneem van die strukturele verandering wat die bedryf die afgelope jare ondergaan met ’n afname van sowat 60% in die landwye getal melkboere vanaf 2009 met die grootste dalings in die binnelandse provinsies.
Die gemiddelde produsentepryse is die afgelope paar maande met sowat 10% en meer verlaag.
Die prysverlagings het ’n groter uitwerking op boere wat ingevolge ’n volvoerstelsel melk – voerkoste is 50%-60% meer as om koeie vanaf weidings te melk.
Volgens Van Dijk het die MPO met die melkvervoerders oor die staking van melkver spreiding vanaf sekere plase in die Vrystaat onderhandel en alles moontlik gedoen om ander verwerkers vir dié boere te kry.
“Die Vrystaatse melkboere het wel ’n toekoms as hulle in die kopersvraag na melk met goeie vlakke van vaste stowwe voorsien, altyd aan alle wetlike vereistes vir melk voldoen, soos gehalte en veiligheid, en voldoende hoeveelhede melk lewer,” sê hy.
MAAK ’N PLAN
Mnr. Henri Viljoen, ’n tegniese adviseur by Afgri in die SuidVrystaat, sê sy klantebasis het die afgelope ses jaar van 80% melkboere tot net 30% afgeneem. “Die droogte en ’n lae melkprys het melkerye se deure laat sluit,” sê hy.
Koöperatiewe samewerking tussen melkboere is volgens hom die enigste oplossing vir melkbemarking in die Vrystaat.
GRONDSTOWWE
Verskeie van sy klante kan steeds winsgewend produseer omdat hulle hul eie grondstowwe lewer, naamlik aangeplante winterweiding of goeie weiding in die somer, kuilvoer en mielies en goedkoop ruvoer, soos koringstrooi of lusern.
“Sowat ’n dekade gelede kon baie boere ’n totale gevoerde rantsoen aankoop en winsgewend met ’n volvoerrantsoen melk.
Die oorblywende boere neig nou na ’n voerstelsel waarvolgens hulle hul grondstowwe verbou, hul mielieposisies verskans en slegs makropakke by voermaatskappye aankoop ter aanvulling van die koei se energieen vitamien behoeftes .”
Mnr. Riaan Oosthuizen van die plaas Fraaiuitsig, Kroonstad, en met’ n suiwelboerdery-en sakebelange in die Sondags riviervalleie n Port Elizabeth, raai binnelandse melkboere aan om hul ruvoer-rantsoene aan te pas om proteïenbronne van ’n hoër gehalte te benut, teenoor die benutting van mieliekuilvoer en tef.
“Meer omgewings aanvaarbare voerbron n eis nodig, soos lusern, peulgewasse en klawerweidings met diep wortelstelsels wat nie stikstof benodig nie.”
Sy boerderye se daaglikse melkproduksie siklus is 30000 tot 50 000 liter.
Hy sê waterbenutting in die kusgebiede sal oor die volgende twee dekades verskuif van melkproduksie na hoëwaarde-produkte, soos sitrus, bloubessies, steenvrugte, avokado’s en mango’s.
“Dié produksie is minstens vyf tot ses keer winsgewender per hektaar as melk.
“Ek skat ons sal altyd voldoende melk in die land lewer, maar ’n klemverskuiwing in die bestuurstyl van melkbeesplase is onafwendbaar met die klem op hulpbronne, soos water.”
BULFASE
Oosthuizen sê produsente moet die bul- en beerfases van die skommeling in die produsenteprys kan oorleef. Wanneer die pryssiklus sy hoogste vlak van die bulfase bereik tot die laagtepunt van die daaropvolgende beerfase wanneer die produsenteprys weer begin styg, moet produsente geldelik in staat wees om vier tot agt maande te oorleef.
“Jou melkery moet aan die einde van die bulmark die vlak van minstens 30% wins op omset bereik, of die boer moet homself finansieel daardeur kan dra.”
Hy sê die doeltreffende benutting van proteïen- en energiebronne en droë materiaal het ’n groter uitwerking op die winsgewendheid in die melkbedryf as vrektes en uitskot in ’n kudde.