Landbouweekblad

‘Wolkaping’ kan Suider-Afrika R500m. kos

- — FREDALETTE UYS

SUIDER-AFRIKAANSE wolverkope­rs gaan byna R600 miljoen se inkomste uit wol verloor nadat die regering van Lesotho nuwe regulasies ingestel het wat die verkoop van wol en bokhaar buite Lesotho se grense verbied.

Voor die regulasies ingestel is, het Lesotho se nasionale wolen bokhaarkwe­kersvereni­ging (LNWBKV) die land se eerste minister luidens ’n verklaring versoek om die voorgestel­de regulasies te heroorweeg. Die organisasi­e verteenwoo­rdig ongeveer 37 500 lede en is die grootste organisasi­e in sy soort in dié land.

“Dit is noodsaakli­k om u in kennis te stel dat hierdie inkomste nie net aan ons families bestee word nie, maar ook aan ons veewagters en hul families. Die bedryfskos­te om ons kuddes te onderhou, soos vir byvoeding en medisyne, moet ook in berekening gebring word.”

Dié versoek het egter op dowe ore geval en die nuwe regulasies is op 24 September deur die regering aanvaar. Die besluit raak sowat 150 000 huisgesinn­e.

NIE GERAADPLEE­G

Volgens Cape Wools het Lesotho in die 2017-’18-seisoen altesaam 6,1 miljoen kg wol gelewer, wat aan dié land ’n inkomste van sowat R590 miljoen besorg het. Die verbod het nou ’n afname van ongeveer 12,7% wol en 12,2% in inkomste vir Port Elizabeth se wolbeurs tot gevolg.

In ’n onderhoud met die Suid-Afrikaanse Uitsaaikor­porasie (SAUK) het mnr. Rantelali Shea, ’n verteenwoo­rdiger van die LNWBKV, gesê boere is glad nie vooraf oor die nuwe regulasies geraadplee­g nie. Die land kan sy internasio­nale mark verloor.

Hy meen die besluit is polities gedrewe, aangesien die enigste maatskappy in Lesotho wat wol koop, deur drie ministers en ’n sakeman besit word.

AFLEGGINGS KOM

Volgens mnr. Isak Staats, hoofbestuu­rder van BKB se wol--enbokhaara­fdeling, is dit jammer dat die nuwe regulasies ingestel is, maar ’n ander land se wette moet gerespekte­er word.

“Ek dink egter die besluit is kortsigtig. Ons ondersteun ons boere en klante daar so goed ons kan. Daar is boere wat tans met regsoptred­e besig is, en as hulle ons hulp vra, help ons hulle.

‘Die groot geveg gaan nou oor aan wie bokhaar behoort — die boere of die staat.’

“Die groot geveg gaan nou oor aan wie bokhaar behoort – die boere of die staat.”

Hy sê die regulasies gaan beteken dat die maatskappy van sy werkers sal moet aflê weens die afname in die hoeveelhei­d wol en bokhaar wat verkoop en gehanteer sal word.

NUWE REGULASIES

Tydens die onderhoud met die SAUK het mnr. Tefo Mapesela, Lesotho se minister van handel, gesê enigeen is welkom om wol en bokhaar te koop, mits dit binne die land se grense is.

Lesotho het egter nie die hoogs gesofistik­eerde toerusting en stelsels om die wol en bokhaar te toets nie, aangesien die Woltoetsbu­ro in Port Elizabeth die enigste in sy soort in Afrika is. Volgens ’n lid van ’n afvaardigi­ng uit Lesotho wat onlangs die buro in Port Elizabeth besoek het, sal die oprigting van so ’n sentrum in die nabye toekoms te duur wees, aangesien Lesotho bankrot is.

Daar is tans net een koper in die land. Boere sal dus nie die voordeel van internasio­nale pryse, wat tans op rekordvlak­ke is, kry nie.

Volgens The Post is Mapesela besig met ’n landwye veldtog om boere wat die regulasies teenstaan, met geweld uit skeerhokke te probeer verwyder.

 ?? FOTO: LNWBKV ?? ’n Skermgreep uit ’n video wat op Facebook versprei is van boere wat teen die uitvoerver­bod betoog.
FOTO: LNWBKV ’n Skermgreep uit ’n video wat op Facebook versprei is van boere wat teen die uitvoerver­bod betoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa