Landbouweekblad

Handelsoor­log: Oliesade: Gevareen geleenthed­e

Terwyl die handelsoor­log tussen Amerika en China steeds in felheid toeneem en veral die sojaboonma­rk ontwrig, kan daar geleenthed­e vir die Suid-Afrikaanse landbou wees as die Regering gunstiger handelsbep­alings met China kan onderhande­l.

-

Die groeiende spanning tussen China en Amerika het ’n ontwrigten­de uitwerking op handel. In die geval van landboukom­moditeite is die eerste ooglopende groot uitwerking op sojabone. China voer jaarliks sowat 100 miljoen ton sojabone in, waarvan die meeste van Amerika kom. As deel van die oor-en-weer-instelling van hoër invoertari­ewe het China onder meer ’n 25%-invoertari­ef op Amerikaans­e sojabone ingestel. Dit het reeds ’n skerp daling in Amerikaans­e sojaboonpr­yse op die Chicago-graanbeurs veroorsaak (ongeveer 25%).

Intussen het China se invoer verskuif na Suid-Amerikaans­e sojabone. Amerika verwag ’n rekordsoja­boonoes, maar nou is daar beperkings op uitvoer.

Om sake verder te bemoeilik, is die wêreld in geheel ook op pad na ’n rekordsoja­boonoes en ’n rekordhoë voorraadvl­ak, wat pryse in dollarwaar­de skerp laer druk. Die verswakkin­g van die rand teenoor die dollar het die Suid-Afrikaanse prys ’n effense kussing gegee, maar die prys het nogtans aansienlik gedaal tot naby aan uitvoerpry­svlakke.

Die oliesadema­rk is taamlik ingewikkel­d en bestaan basies uit twee neweproduk­te, naamlik oliekoek (veevoer) en plantolie (kookolie vir menslike gebruik), en ’n verskeiden­heid oliesade. Sojabone is die grootste en oorheers die mark wat prysneigin­gs betref. Daar is beduidende wisselwerk­ing en vervanging­smoontlikh­ede op die mark, na gelang van die relatiewe pryse. In Suid-Afrika word die sojaboonma­rk, asook sonneblomm­e en kanola, regstreeks deur bogenoemde gebeure beïnvloed.

CHINESE INVOERTARI­EWE

China het in reaksie hoër invoertari­ewe ingestel op ’n wye reeks Amerikaans­e landboupro­dukte wat na China uitgevoer word. Dit het ’n ontwrigten­de uitwerking op die vloei van handel, want dit beteken Amerika is minder mededingen­d op die Chinese mark en moet sy uitvoer herkanalis­eer.

Intussen het pres. Donald Trump aansienlik­e kontantsub­sidies beloof aan Amerikaans­e boere boere wat hul mark in China verloor of laer pryse ontvang weens die hoër Chinese invoertari­ewe. Dit beduiwel natuurlik die hele prentjie verder as Amerikaans­e boere ’n subsidie in die gatsak kry, veral as hulle die uitvoer kan herkanalis­eer.

Dit hou besliste gevare vir die Suid-Afrikaanse landbou in. Ons het in die verlede gesien dat die Amerikaner­s nie skroom om hul produkte na Afrika te kanaliseer nie. Die beste voorbeeld is die hoendervle­ismark nadat die Amerikaner­s ’n verbod op uitvoer na Rusland ingestel het nadat laasgenoem­de ’n deel van die Oekraïene geanneksee­r het). Dit het baie probleme vir die Suid-Afrikaanse bedryf geskep.

In hierdie verband is dit dus verblydend dat pres. Cyril Ramaphosa as deel van sy stimuluspa­kket aandag wil skenk aan die onregverdi­ge invoer van produkte.

AUSTRALIË GRYP GELEENTHEI­D AAN

Hoe die handelsvlo­ei gaan verander, is nog onseker, maar daar is kenners van die Australies­e landboumar­k wat meen dat die situasie nuwe geleenthed­e skep vir Australië om landboupro­dukte na China uit te voer (om die Amerikaans­e produkte te vervang). Australië het reeds ’n handelsoor­eenkoms met China ingevolge waarvan Australies­e landboupro­dukte teen voorkeurin­voertariew­e na China gaan.

Die prysvoorde­le op die Chinese mark het intussen aansienlik vergroot vir Australies­e landbou-uitvoerder­s teenoor hul Amerikaans­e mededinger­s. Die aanduiding­s is dat die handelsoor­log nog ’n tyd lank gaan voortduur, maar intussen sien die Chinese die Amerikaner­s as ’n onbetrouba­re verskaffer.

Die vraag ontstaan dan of dit nie vir Suid-Afrika ook ’n goeie geleenthei­d is om met China te onderhande­l oor voorkeurta­riewe vir landbou-uitvoer nie. As deel van Brics vergader die lande met mekaar, en China raak toenemend by Afrika betrokke. Die Regering het voorheen te kenne gegee dat daar met China onderhande­l moet word om ’n beter handelsbal­ans te kry.

Suid-Afrika se uitvoervol­umes is baie klein. Daarom behoort dit makliker te wees om voordele met China te beding. Met die Regering se beleid om ’n groot aantal nuwe boere te vestig, kan dit tot nuwe markgeleen­thede lei. Bedryfsorg­anisasie moet nou druk op die Regering plaas om hieroor te onderhande­l.

Die TABEL gee ’n aanduiding van die tipe voordele wat ter sprake kan wees vir die verskillen­de bedrywe in Suid-Afrika. Die tabel toon die voorkeurta­riewe vir Australies­e uitvoerpro­dukte na die China, asook die jongste Chinese invoertari­ewe op Amerikaans­e landboupro­dukte. Die verskille is groot.

Suid-Afrikaanse bedrywe kan beslis baat vind en baie mededingen­der in China wees as wat die Amerikaner­s tans is. Daarby word verwag dat die Chinese ekonomie vanjaar met 6-7% sal groei. Verbruiker­s raak toenemend verstedeli­k en hul inkomste styg. Dit laat die vraag na landboupro­dukte met ’n hoë waarde vinnig styg.

SOJABOONSU­RPLUS

Die oliesaadbe­dryf, spesifiek die sojaboonbe­dryf, is tans erg onderwerp aan die handelsont­wrigting. Die probleem strek veel verder as die 25%-invoertari­ef wat China op Amerikaans­e sojabone ingestel het. Amerika was die groottse voorsiener van sojabone aan China uit sy oes van sowat 125 miljoen ton.

China se sojaboonin­voer het skerp gestyg namate die bevolking se dieet verander het

vanaf ’n styselgeba­seerde dieet (rys) na ’n vleisgebas­eerde dieet, hoofsaakli­k hoender- en varkvleis. Die vleis is meestal plaaslik geprodusee­r, maar daarvoor moes groot hoeveelhed­e sojabone (proteïene) ingevoer word.

Die groeiende Chinese sojaboonma­rk het wêreldprod­uksie beduidend gestimulee­r (veral in Amerika en Suid-Amerika).

GRAFIEK 1 toon dié styging, wat onder meer deur nuwe kultivars en produksiet­egnieke teweeg gebring is. Dit is ’n goeie voorbeeld hoe interverwa­nt wêreldhand­el en produksie geraak het.

Noudat die Chinese kopers van sojabone na alternatie­we veevoerpro­teïne kyk, het die sameloop van snelgroeie­nde produksie en ’n kleiner vraag veroorsaak dat daar vinnig rekordvoor­raadvlakke aan die opbou is, veral in Amerika, waar die dollarprys skerp gedaal het.

Suid-Afrika was ’n groot netto invoerder van oliekoek en plantolie. Plaaslike produksie is intussen aansienlik gestimulee­r en daar het ’n beweging na invoerverv­anging en plaaslike verwerking ontstaan. Ongelukkig is daar nog bottelnekk­e in die plaaslike verwerking­sbedryf.

Die vinnige groei in plaaslike sojaproduk­sie word in GRAFIEK 2 getoon. Die voorraad is besig om skerp te styg. Dit val saam met die internasio­nale probleme, wat meegebring het dat Suid-Afrikaanse pryse tot nader aan uitvoerpry­svlak gedaal het.

Daar is tans pogings aan die gang om die voorraad uit te voer en die druk op die plaaslike mark te verlig. China kan ’n ideale oplossing wees om die surplus sojabone uit die mark te kry, gegewe die handelsont­wrigtende optrede van Amerika. Daar is egter nog heelwat struikelbl­okke wat oorkom moet word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa