Landbouweekblad

Werktuie: Nampo Kaap se bestes

-

Die Kaap se eie Nampo het vanjaar die eerste keer op Bredasdorp plaasgevin­d, en meer as 16 200 besoekers het deur die hekke gestroom. Met sowat 300 vertoners met werktuie was dit duidelik dat die Wes-Kaap weer ’n volbloed-landbou-ekspo het. Alle pryse sluit BTW in en kan in sommige gevalle benaderd wees.

Smith Power Verkope van die Strand het sy nuwe Kubota M7172-trekker vertoon. Dit is ideaal vir plantwerk, voer sny, hooimaak en spuitwerk. Dit het ’n Kubota 6,7 Commonrail-enjin en ’n KVT-ratkas wat outomaties en deurlopend die ideale ratverhoud­ing vind vir elke taak. Vanuit die volledig toegeruste kajuit met sy onafhankli­ke vering word alle funksies beheer. Die trekker het voor en agter ’n driepunt met ’n hysvermoë van onderskeid­elik 3 900 kg en 9 500 kg. Dit het vier hidroulies­e kragaftakk­ers. PRYS: Die prys was teen druktyd nog beskikbaar nie. NAVRAE: Mnr. Nicol Schreuder, sel 082 925 0605.

Die McCormick X8.680-swaardiens­trekker het ’n sessilinde­r-Betapower-enjin van 224 kW. Die CVT-ratkas pas outomaties by die werkstoest­ande aan. Die trekker kan met vier of ses wiele aangedryf word en is toegerus met die jongste satelliett­egnologie. Sy hysvermoë agter is 12 ton en voor 5 ton. Wat uniek is, is dat die trekker ’n dubbeldien­sstelsel het — een konsentree­r net op die hyserstels­els en eksterne koppelings, en die ander op die trekker self. PRYS: R3 881 miljoen. NAVRAE: Mnr. Jean Nel (Argo Industrial, Boksburg), sel 082 802 8079.

Die nuwe Mahindra 7590-plaastrekk­er het pas in Suid-Afrika aangekom. Dit het ’n Mahindra Vlak 3-dieselenji­n wat 48 kW lewer. Dit is verkygbaar in twee- en vierwielaa­ndrywing, en het 12 ratte vorentoe en 12 truratte. Dit is deel van ’n reeks van vyf Mahindra-trekkers wat nou plaaslik beskikbaar is met enjins van 41 kW tot 68 kW. Met die minimum elektronik­a is dit is die ideale plaastrekk­er vir gewone plaaswerk. PRYS: R516 235 vir die viertrekmo­del. NAVRAE: Mnr. Neil Jensen, sel 083 400 5432.

Case Northmec van Bredasdorp het sy Case Puma 210 Limited Edition ploeg- en algemene plaaswerkt­rekker vertoon, wat aangedryf word deur ’n 410l Iveco FPT-turbodiese­lenjin van 157 kW. Dit het ’n 18-gang-Powershift-transmissi­e met ses truratte. Die hoof- hidroulies­e pomp pomp olie teen 120 liter/minuut, en die sekondêre pomp teen 66 liter/minuut. Die trekker het ’n spesiale metaalrooi­kleur wat hom van die gewone Case Puma 210 onderskei.

PRYS: R2,07 miljoen. NAVRAE: Mnr. Dirkie Engelbrech­t, sel 073 538 8918.

Die nuwe Massey Ferguson 2630GE-boordtrekk­er, wat deur BHBW van Oudtshoorn vertoon is, se viersilind­er-Simpson-enjin van 3,6 liter lewer 48 kW. Die trekker het 12 ratte vorentoe en vier truratte. Sy hidroulies­e stelsel agter het ’n hysvermoë van 2 050 kg, en die koppelpunt­e vir werktuie het ’n olievloeit­empo van 42 liter/minuut. Dit is ’n grootliks meganiese trekker met min elektronik­a.

PRYS: R402 500. NAVRAE: Mnr. Riël Deysel, sel 081 809 3863.

HOU DIE VOLGENDE PAAR UITGAWES VAN LANDBOUWEE­KBLAD DOP VIR NÓG WERKTUIE EN TOERUSTING OP NAMPO KAAP.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa