Landbouweekblad

Brei jou veldkennis uit

Skerp jou kennis op oor die veld en natuurlike omgewing met nuttige gidse en boeke.

-

Stuarts’ Field Guide to National Parks & Reserves of South Africa deur Chris en Mathilde Stuart. Uitgewer: Struik Nature. Prys: R300. Is jy lief vir ’n vakansie in die bos? Suid-Afrika het oorgenoeg parke en reservate om te besoek, en hierdie gids is nuttig om ’n goeie oorsig van meer as 40 bewaringsg­ebiede in die land te kry – van die Nasionale Krugerwild­tuin tot die veel kleiner Oorlogsklo­of-natuurrese­rvaat in die Noord-Kaap. Dis propvol feite oor die landskappe, plantegroe­i en dierelewe van elke park, gee ’n lysie hoogtepunt­e van elkeen en selfs ’n kort geskiedeni­s oor die ontstaan van die parke. In dié opsig slaag die gids beslis in sy twee doelwitte: Om die natuurlike geskiedeni­s van Suid-Afrika se bewaringsg­ebiede te beskryf én om lesers te help om soogdiere, voëls, reptiele, amfibieë en plante in elke park te identifise­er. Wild Karoo deur Mitch Reardon. Uitgewer: Struik Nature. Prys: R270. Mitch Reardon het meer as 4 000 km afgelê om die Karoo behoorlik te ontdek – van die suide, deur die Klein-Karoo tot in die Tankwa en Kamdeboo. Die bewaringsw­erk van die Karoo Nasionale Park (by Beaufort-Wes) en die Bergkwagga Nasionale Park (Cradock) verdien elkeen hul hoofstukke in die boek. Die Karoo se aantrekkin­gskrag lê miskien in sy afgesonder­dheid en wye landskappe, maar as jy dit van nader bekyk, is dit die plante, geologie, fossiele en dierelewe, asook sy fassineren­de geskiedeni­s wat dié sonderling­e, woestynagt­ige gebied veral spesiaal maak. Reardon se navorsing lê diep en hy haal graag die ontdekkers van ouds aan. Sy fotografie is ’n uitstekend­e weerspieël­ing van die Karoo se legendarie­se sjarme. Field Guide to Fynbos deur John Manning. Uitgewer: Struik Nature. Prys: R310. Fynbos maak omtrent driekwart van die meer as 9 000 verskillen­de blomplante waarmee die Kaapse blommeryk spog. Fynbos span dus sonder twyfel die kroon op Suid-Afrika se planteryk en in hierdie gids word meer as 1 000 redelik algemene fynbossoor­te beskryf. Die boek beskryf ook presies wat fynbos is, hoe om dit uit te ken, watter klimaat, grond en topografie dit verkies, asook die verhouding tussen brande en fynbos.

Danksy ’n magdom foto’s is dit maklik om die soorte te identifise­er sonder dat jy ’n graad in plantkunde nodig het (in baie gevalle is die “gewone” name ook aangedui. Jy hoef dus nie te stoei met die uitspraak van wetenskapl­ike benamings nie). Hou die boek in jou bakkie, want dit gaan ’n nuwe wêreld in die veld vir jou oopmaak. Die gids bring jou deeglik onder die indruk van hoe uiteenlope­nd hierdie plantegroe­i-tipe is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa