Landbouweekblad

Hart tot hart

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Iemand wou by my weet o fdi t sonde i sas jy bang is vir die Here. Ek het aangevoel dis een van daardie vrae wat ’n mens nie met ’n vinnige “ja” of “nee” kan afhandel nie. Ek het versigtig gevra waarom hy so iets vra. Sy antwoord het min of meer so geklink: “Ek glo vas ek is ’n kind van die Here en doen sekere dinge – kom ons noem dit godsdienst­ige praktyke – wat as getuienis kan dien dat ek as Sy kind wil leef. Maar dan is daar die verkeerde dinge wat my laat wonder wat die Here van my dink en of Hy my nie die een of ander tyd sal straf met die straf wat ek verdien nie. Dit wek by my ’n angsgevoel, gepaardgaa­nde met die vraag: Is dit sonde om so bang te wees vir die Here? As ’n kind vir sy pa bang is, dan is daar mos iewers fout, nie waar nie?”

Ons het toe gesels oor wat die Woord van God sê oor die “tug van die Vader” en die “vrees van die Here”. Die wyse Salomo sê byvoorbeel­d: “Die vrees van die Here is die tug van die wysheid” (Spr. 15:33). Verder kan ons die afleiding maak dat vrees vir die Here beslis nie dieselfde is as bang wees vir Hom nie. Hierdie vrees dui op respek en hoogagting.

Net so is die tug van die Here nie ’n strafmaatr­eël van iemand wat kwaad is nie. Nee, dis eerder ’n roepstem van iemand wat in Sy liefde vir jou ook ’n stuk hartseer voel. Seker die bekendste gebed in die Bybel begin met die woorde “Ons Vader”. Dié volmaakte Vader is nie ’n latswaaier wat Sy kinders laat wegvlug nie. Nee, Hy is, soos die psalmis Hom noem “my toevlug en my bergvestin­g, my God op wie ek vertrou . . .” (Ps. 91:2).

In ons verhouding met God is die woord om te gebruik nie “wegvlug” nie, maar “toevlug”.

“Bang wees” pas dus nie in jou verhouding met God nie. Ook in jou diepste sondebesef bly dit “toevlug tot God”.

Hy is . . . ‘my toevlug en my bergvestin­g, my God op wie ek vertrou . . .’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa