Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- JASPER COETZEE Dr. Ja sper C o et z e eis’ n kleinvee spesialis.

Kan ’n mens gewone poeiermelk gebruik om hanslammer­s groot te maak? Melk soos dié wat jy in ’n supermark koop en met water aanmaak. Ek het ’n produk gesien wat volroom poeiermelk is en wat jy aanmaak en oor jou pap kan gebruik. Dit is blykbaar gewone melk in poeiervorm. Ek het nie vars melk nie en kon nie ’n plaasverva­nger kry wat spesifiek vir lammers of kalwers gemaak is nie. Poeiermelk wat vir menslike gebruik verkoop word, moet liefs nie vir die grootmaak van kalwers en lammers gebruik word nie omdat dit nie al die noodsaakli­ke voedingsto­wwe, minerale en vitamiene, en ook nie in die regte verhouding, bevat nie. Wanneer hierdie tipe poeiermelk gebruik word, kom diarree dikwels voor. In die geval van lammers is hierdie poeiermelk se vetinhoud ongeveer twee maal te laag en dit kan diarree by lammers veroorsaak. Die poeiermelk bevat ook nie ’n groeistimu­lant nie, wat noodsaakli­k is vir die algemene gesondheid van kalwers en lammers. Gebruik dus slegs melk plaasverva­ngers wat vir die grootmaak van onderskeid­elik kalwers en lammers geregistre­er is. Dié wat vir kalwers geregistre­er is, moenie vir lammers gebruik word nie, want die lae vetinhoud sal tot swakker groei by lammers lei. Gebruik dus plaasverva­ngers wat spesifiek vir elke diersoort geregistre­er is, byvoorbeel­d Denkavite vir kalwers (V2193) en Denkavite vir lammers (V3394). Bel Bernard du Plessis by 082 375 4251 vir nog inligting oor hierdie produkte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa