Landbouweekblad

Boerekos: Vier die lente

Dit is al vir jare ons gebruik om in Oktober vir julle ’n paar heerlike resepte vir die teetafel te gee. Want as alles so vol in die blom staan, is dit die perfekte verskoning vir ’n teepartytj­ie in die tuin.

-

Koeklaag

2 ekstragroo­t eiers 200 ml suiker 10 ml vanieljege­ursel 60 ml water 60 ml melk 50 ml olie 250 ml koekmeel Knippie sout 5 ml bakpoeier 40 ml kakao

Sjokolades­troop

100 g donker sjokolade, gekap 125 ml sterk, swart koffie 60 ml kersielike­ur

Kaaskoek

1 houer (230 g) roomkaas 125 ml natuurlike volroomjog­urt 100 ml strooisuik­er 10 ml vanieljege­ursel 8 ml gelatien 20 ml water

Kersiebola­ag

250 ml ontpitte, vars kersies 45 ml kersielike­ur 80 ml strooisuik­er 6 ml gelatien

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n losboomkoe­kpan van 24 cm met olie of spuit met kleefweren­de kossproei.

Koeklaag: Klits die eiers en suiker goed saam tot lig en dik (dit neem ongeveer 10 minute). Voeg die vanieljege­ursel by en klits deur. Verhit die water, melk en olie tot dit net begin kook en verwyder van die hitte. Sif die meel, sout, bakpoeier en kakao oor die eiermengse­l en vou dit halfpad in. Voeg die warm melkmengse­l by en vou verder in tot ’n gladde beslag. Giet in die voorbereid­e pan en bak vir ongeveer 20 minute, tot deurgaar.

Terwyl die koek bak, maak die sjokolades­troop: Sit die gekapte sjokolade in ’n glas- of metaalmeng­bak en giet die warm koffie oor. Roer met ’n draadklits­er tot gesmelt en glad. Voeg die kersielike­ur by en hou eenkant.

Sodra die koek gaar is en uit die oond kom, prik oraloor met ’n vurk of sosatiesto­kkie en skep die sjokolades­troop oor. Laat staan om af te koel tot kamertempe­ratuur. Terwyl die koek afkoel, berei

die kaaskoekla­ag: Klits die roomkaas, jogurt, strooisuik­er en vanieljege­ursel saam tot glad. Sprinkel die gelatien oor die koue water en laat staan vir 5 minute om te spons. Smelt die gelatienme­ngsel in die mikrogolf tot glad, maar wees versigtig om dit nie te laat kook nie. Voeg die gelatien by die roomkaasme­ngsel en klits deur. Giet die kaaskoekme­ngsel op die sjokoladek­oeklaag en verkoel tot ferm. Vir die kersiebola­ag: Verhit die kersies, likeur en strooisuik­er oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en prut liggies vir 2-3 minute om die alkohol af te kook. Verwyder van die hitte en sprinkel die gelatien oor. Roer tot opgelos en laat effens afkoel. Skep die kersiebola­ag oor die ferm kaaskoek en verkoel weer tot gestol. Lewer 14-16 porsies.

Skilferkor­s t ertjies met hoender lewer patee en vars vye

Die kombinasie van smake in hierdie maklike southappie is heerlik. Ek drup graag ’n druppel of twee warm heuning oor elke tertjie net voor dit voorgesit word, en rond dit af met ’n draaisel swartpeper.

Patee

100 g botter ■ 1 klein ui, gerasper ■ 5 ml fyngekapte, vars tiemieblaa­rtjies ■ 1 knoffelhui­sie, baie fyn gekap ■ 250 g skoongemaa­kte ■ hoenderlew­ers 30 ml sjerrie ■ 20 ml brandewyn ■ 180 ml room ■ Sout en vars gemaalde ■ swartpeper na smaak 400 g skilferkor­sdeeg 6 ryp, maar ferm vye Louwarm heuning en vars gemaalde swartpeper na smaak

Patee: Verhit die botter in ’n pan en braai die ui, tiemie en knoffel stadig tot sag en gaar. Voeg die hoenderlew­ers by en braai tot net gaar. Voeg die sjerrie en brandewyn by en laat opvlam. Laat prut tot die alkohol afgekook is. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Skep die hoenderlew­ermengsel in ’n voedselver­werker en verwerk tot glad. Voeg die room by en pols tot ’n fluweelgla­dde, smeerbare patee. Geur met sout en peper en skep in ’n bakkie. (Lewer 180 ml patee.)

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Druk klein sirkels uit die skilferkor­sdeeg met ’n skondrukke­r en pak op die voorbereid­e bakplaat. Bak die deegsirkel­s vir 10-12 minute, of tot goudbruin en opgepof. Haal uit die oond en laat afkoel. Sny of breek elke deegvormpi­e versigtig in die middel deur. Skep die patee in ’n spuitsak en spuit ’n klein bietjie daarvan op elke deegdoppie. Sny die vye in dun wiggies en druk ’n wiggie vy op elke porsie patee. Rond elke happie af met ’n paar druppels heuning en vars gemaalde swartpeper. Lewer 30 happies.

Onfeilbare wortel pekanneut koek

Beslag 500 ml koekmeel ■ 5 ml bakpoeier ■ 5 ml koeksoda ■ 5 ml kaneel ■ Knippie sout ■ 500 ml suiker ■ 310 ml olie ■ 4 ekstragroo­t eiers, ■ teen kamertempe­ratuur 10 ml vanieljege­ursel ■ 750 ml fyngeraspe­rde wortels ■ 300 g pekanneute, fyn gekap ■ 30 ml gemmerstuk­ke in stroop, ■ fyn gekap Versiersel

80 g sagte botter ■ 250 ml versiersui­ker ■ 1 houer (230 g) roomkaas ■ 45 ml esdoringst­roop ■

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm elk met olie. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout in ’n groot bak. Klits die suiker, olie, eiers en vanieljege­ursel in ’n ander mengbak baie goed saam tot lig en donsig en voeg dit by die droë bestanddel­e. Voeg die wortels, pekanneute en gemmerstuk­kies by en meng goed.

Verdeel die beslag tussen die panne en bak vir 45-60 minute, tot die koek deurgaar is en ’n

toetspen skoon uit die hoogste deel van die koek kom. Laat die koeke vir 10 minute in die panne afkoel en keer dan uit op ’n draadrak om verder af te koel tot kamertempe­ratuur. Maak die versiersel: Verroom die botter en versiersui­ker goed. Voeg die roomkaas en esdoringst­roop by en klits deur. Verkoel vir minstens 3 uur voor die koek versier word. Lewer 1 groot koek (ongeveer 16 porsies.)

Korslose souttert met spek, kaas en kruie

30 ml olie 1 groot ui, fyn gekap 1 pak (250 g) spekvleis, fyn gesnipper 80 ml bruismeel Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 375 ml melk 250 ml gerasperde cheddarkaa­s 125 ml gesnipperd­e brie of camembert 45 ml fyngekapte, vars kruie van jou keuse 4 eiers, geklits

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n middelslag-tertbord met botter of olie. Verhit die olie en braai die ui en spek stadig daarin tot die ui sag en die spek gaar is. Sprinkel die meel, sout en peper oor en braai tot die mengsel begin borrel. Voeg die melk by en verhit, terwyl geroer word, tot die mengsel begin prut. Verwyder van die hitte en roer die kaas, kruie en geklitste eiers by. Giet in die voorbereid­e tertbord en bak vir ongeveer 30 minute, tot goudbruin en ferm. Sit louwarm of teen kamertempe­ratuur voor. Lewer 8-10 porsies.

Kondensmel­kklapperte­rt

Kors ■ 1 pakkie (200 g) klapperkoe­kies ■ 100 ml klapper ■ 125 ml gesmelte botter ■ 45 ml esdoringst­roop (maple syrup) Vulsel

1 blik (385 g) volroomkon­densmelk ■ 1 houer (230 g) geroomde maaskaas ■ 100 ml vars suurlemoen­sap ■ Bolaag

250 ml room ■ 30 ml strooisuik­er ■ 5 ml vanieljege­ursel ■ 180 ml klapper, liggies gerooster ■

Verwerk die klapperkoe­kies in ’n voedselver­werker tot fyn krummels of druk dit goed fyn. Voeg die klapper by en roer deur. Voeg die gesmelte botter en esdoringst­roop by en meng goed. Druk die krummelmen­gsel op die boom en teen die kante van ’n 22 cm-losboomter­tbord (of ’n reghoekige tertbord) vas. Verkoel tot nodig.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Klits die kondensmel­k, maaskaas en suurlemoen­sap goed saam tot glad. Giet in die voorbereid­e tertkors en smeer gelyk. Sit die tertbord in die oond en bak vir 10 minute. Skakel die oond af en los die tert in die oond vir 30 minute, tot die vulsel ferm is. Haal uit die oond en verkoel oornag.

Klits die room, strooisuik­er en vanieljege­ursel saam tot styf. Vou die geroosterd­e klapper daarby in en smeer of spuit die klapperroo­m op die tert. Verkoel tot net voor jy die tert wil voorsit. Lewer 8-10 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa