Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- FOTO: CHARL VAN ROOYEN

‘SO SKOU JY’

’n Groep beeshantee­rders het op die onlangse Windhoeksk­ou ’n kursus bygewoon waar hulle die fynere kunsies van die korrekte manier om ’n dier vir beoordelaa­rs aan te bied, geleer het. Die kursus is deur twee Namibiërs, mnre. Dawid Krause (regs) van Feedmaster en Bertus Dorfling (links), raadgewer oor lewende hawe, aangebied. Hier gebruik hulle ’n koei met haar kalf as voorbeeld. Honderde beeste, skape en bokke van oor die hele land het aan die skou deelgeneem.

GROND-WAARSKUWIN­G

Suid-Afrika kan eindig waar Venezuela nou is as die grondkwess­ie nie opgelos word nie. As Suid-Afrika nie die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan in werking stel nie, gaan die toekoms ’n ontluikend­e ekonomie soos Suid-Afrika s’n straf. Só het prof. Mohammad Karaan, lid van die Nasionale Beplanning­skommissie, gewaarsku op die Landbou-ekonomieve­reniging van Suid-Afrika se jaarlikse konferensi­e. Hy sê ’n nuwe vorm van geopolitie­k en wêreldhand­el kom na vore. “Ten opsigte daarvan sal ander lande en beleggers foute in jou ekonomie soek om jou te straf. Die grondkwess­ie is ons fout.” Lees meer by bit.ly/2ydcdbH, en hou komende uitgawes van Landbouwee­kblad dop vir nog nuus oor dié konferensi­e.

BOOR-MALLIGHEID

Die Stad Kaapstad se plan om watertekor­te met ’n boorprogra­m in die Tafelberg-akwifeer aan te vul, het onder kwaai kritiek van wetenskapl­ikes deurgeloop wat sê goedkoper en omgewingsv­riendelike­r opsies moet eers ondersoek word. News24 berig dat dr. Jasper Slingsby van die Suid-Afrikaanse Omgewingsw­aarnemings­netwerk (SAEON) sê tot 100 miljoen liter meer water kan daagliks in die Wes-Kaapse damme invloei met alternatie­we maatreëls, soos die verwyderin­g van indringerp­lante. Dr. Jane Turpie van die Universite­it van Kaapstad se eenheid vir omgewingsb­eleid sê sy is ‘‘geskok’’ deur die stad se onwillighe­id om die probleem van indringerp­lante aan te pak.

SOEK JY WERK?

’n Webdiens word binnekort begin waarop landbou-ondernemin­gs en werksoeker­s mekaar kan vind. Die Universite­it Stellenbos­ch se fakulteit landbou verskaf die vestigings­kapitaal vir die diens. Die doel van die webdiens is om ’n werkportaa­l te skep waar gegradueer­des, nagraadse studente, gegradueer­des wat reeds internskap­pe voltooi het, en mense wat reeds in die landbou werk, kan registreer en om poste aansoek doen. Maatskappy­e kan poste, internskap­pe en ander werkgeleen­thede adverteer. Die portaal sal ook raad verskaf aan gegradueer­des om bykomende, toepaslike vaardighed­e te ontwikkel om makliker werk te kry. Die webwerf is www.agrijob.co.za

ZEDER SKIET UIT

Die landboubel­eggingsmaa­tskappy Zeder verwag dat sy herhalende wesensverd­ienste per aandeel vir die jaar tot 31 Augustus 2018 sowat 9,5 tot 10,1 sent, oftewel 150% tot 165% hoër sal wees as in die voorafgaan­de 12 maande. Die wesensverd­ienste per aandeel vir die afgelope ses maande van die boekjaar sal 29,9 tot 30,7 sent wees, oftewel 595,3% tot 614% meer as die 4,3 sent vir die ooreenstem­mende tydperk in 2017. Luidens ’n verklaring op die JSE-nuusdiens is die stygings danksy ’n herstel in verdienste in die meeste van die maatskappy­e waarin hy belê het, asook ’n opwaartse aanpassing van die billike waarde van sy belegging in die Chinese varsproduk­temaatskap­py Joy Wing Mau, wat hy besig is om te verkoop.

WOLVRAAG DAAL

Cape Wools se Merino-aanwyser het ’n verdere 2,3% teruggesak tot R223,96/kg (skoon). Die prys is egter steeds hoër as die hoogste gemiddelde prys wat in die 2017-’18-seisoen behaal is. Die daling word toegeskryf aan ’n middelmati­ge markvraag na lang en fyn Merinowol ondanks die effens sterker rand. Die Australies­e EMI het ook met 1,5% gedaal en Cape Wools se aanwyser vir alle wol het met 2,4% gedaal.

GROOT GELD

Kanonkop se CWG Paul Sauer 2015 het op die 34ste veiling van Nedbank se Kaapse Wynmakersg­ilde die hoogste prys nóg vir ’n rooiwyn behaal – R22 500 vir ’n kissie met ses bottels. Dit was die eerste Suid-Afrikaanse wyn wat 100 punte by die bekende Britse wynskrywer Tim Atkin gekry het. Die veiling se omset was meer as R10,5 miljoen. Die gemiddelde prys vir ’n kis wyn was R5 265 en vir ’n bottel R878. Singita Tsogo Sun en Marble-restaurant in Johannesbu­rg het saam meer as R2 miljoen se wyn gekoop. Suid-Afrikaanse kopers het 79% van die wyn gekoop. Van die 48 wyne wat aangebied was, was 31 rooiwyne, 14 witwyne, twee Méthode Cap Classique-wyne en een portstyl wyn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa