Landbouweekblad

Brandstof: Nóg prysskokke is dalk op pad

- — VIDA BOOYSEN

VERLEDE week se brandstofp­rysstyging, die grootste sedert April 2015, was die vyfde opeenvolge­nde styging vanjaar. Dit val saam met ’n styging in die internasio­nale Brent-ruolieprys tot bo $85 per vat.

Vrese bestaan dat dié prys binne maande $100 per vat gaan haal, wat rampspoedi­g kan wees vir ’n ontluikend­e ekonomie soos Suid-Afrika waar ’n swak geldeenhei­d beteken olie-invoer word al hoe duurder.

Die druk gaan veral deur marginale ondernemin­gs gevoel word. Dié ondernemin­gs kry reeds swaar weens ander faktore, soos salarisver­hogings van hoër as die inflasieko­ers en ’n skerp styging in krag- en watertarie­we, waarsku mnr. Mike Schüssler, hoofekonoo­m van Economists.co.za.

“Die jongste verhoging beteken bykomende besteding van R6,3 miljard per maand, wat veral die logistieke sektor – maar ook die landbou – se koste opjaag.”

Die koste om produkte by die mark te kry, dit koel te hou, selfs die koste van elektrisit­eit, word deur duurder brandstof verhoog.

“Eskom wek in tye van hoë kragverbru­ik elektrisit­eit op met turbines wat deur diesel aangedryf word,” sê hy.

IMPAK OP KOSTE

Vergeleke met ’n jaar gelede het die prys van diesel met 29% gestyg. Dié styging het ’n regstreeks­e en onregstree­kse uitwerking op boere se produksiek­oste, sê mnr. Paul Makube, senior landboueko­noom by FNB.

“Kunsmis, plaag- en onkruiddod­ers se prys word ook van die olieprys afgelei, daarom kry boere twee vuishoue wanneer die brandstofp­rys verhoog.”

Die styging van R1,24 per liter vir diesel is veral ’n gevoelige slag vir somergraan­produsente wat nou plant en meer diesel as gewoonlik gebruik.

Die logistieke bedrywe word ook swaar getref.

“Tot 75% van die plaaslike graanoeste word padlangs vervoer en die produksiem­iddele om daardie oeste te plant, word ook padlangs vervoer,” sê mnr. Wandile Sihlobo, hoof van landbousak­enavorsing by die landbousak­ekamer Agbiz.

“Bykomende kunsmis en saad word in planttyd afgelewer en die jongste prysverhog­ing word by die aflewering­sprys gevoeg.”

BREËR INVLOED

Volgens mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, styg produksiek­oste vir die landbou met R1 miljard per jaar vir elke 1c-styging in die dieselprys. Die impak van die jongste styging in die dieselprys beteken dus dat produksiek­oste R1,24 miljard per maand meer is.

“Ongelukkig is boere prysnemers en kan hulle die verhoging in hul produksiek­oste nie oordra aan die volgende ou in die waardekett­ing nie.

“Al manier hoe hulle die koste kan verwerk, is deur minder te bewerk, maar dit kan weer uitkring na produksie en opbrengs wat ook nie goed is nie.”

Binnelands is die kans al hoe groter dat inflasie (en daarmee saam die rentekoers) kan styg onder druk van die swak rand en hoër brandstofp­ryse. Sommige ontleders verwag dat die rentekoers reeds in November gaan styg.

Tog lyk dit asof die Reserweban­k meen inflasie is steeds binne beheer. Mnr. Daniel Mmimele, adjunkpres­ident van die Reserweban­k, het in ’n toespraak op ’n byeenkoms vir sentrale bankiers in New York gesê die Reserweban­k verwag in dié stadium dat inflasie tot einde 2020 binne sy mikpunt van 3% tot 6% gaan bly. Die bank verwag dat dit by 5,9% gaan draai in die tweede kwartaal van 2019.

DALING?

Volgens Schüssler kan daar volgende jaar effense brandstofp­rysverligt­ing wees.

“Einde Desember het die Noordelike Halfrond klaar energie gekoop vir die winter en daal die Brent-ruolieprys­e gewoonlik.”

Die wisselkoer­s speel ook ’n groot rol. ’n Swakker rand was verantwoor­delik vir 49c per liter van die petrolprys­verhoging in Oktober en 51c per liter vir diesel. Die geldeenhei­d verhandel erg wisselvall­ig, maar Maree sê daar is ’n sprankie hoop dat die rand sal bly versterk ná dit einde September naby R14 per dollar gaan draai het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa