Landbouweekblad

Boomneute: Boere móét begin plant wat die mark soek

- — JASPER RAATS

DIE wêreldwye verbruik van boomneute het oor die afgelope tien jaar met 24% toegeneem, terwyl die prys van neute in die ooreenstem­mende tydperk met 473% gegroei het. Mnr. Mark Hassenkamp, direkteur van die kwekery Red Sun Hortitech, sê vanweë dié groei is dit te verstane dat makadamiab­oere tot dusver net op die “hier en nou” gekonsentr­eer het.

“Namate die mark ontwikkel en die produksiev­olumes toeneem, gaan spesifieke vereistes wat die gehalte en gradering van neute betref, ’n bepalende invloed op die bedryf hê,” sê Hassenkamp.

Mnr. Alex Whyte van die maatskappy Green Farms Nut, een van Suid-Afrika se grootste verwerkers en uitvoerder­s van makadamian­eute, sê markte se vraag begin verander. Daar is noemenswaa­rdige verskuiwin­gs in verbruiker­svoorkeure in Amerika, Europa en China.

neutbedryf kry dit in hierdie stadium nog reg om die basiese markbegins­els vry te spring, veral makadamian­eute waarvan die produksie en die vraag gelyktydig toeneem. Dit kan hoofsaakli­k toegeskryf word aan bevolkings­groei en veranderin­ge in opvattings oor gesonde eetpatrone. Asië soek al hoe groter neute, terwyl voedselver­vaardigers al hoe meer gekapte neute soek, sê Whyte.

BEPLAN VOORUIT

Hy en Hassenkamp waarsku dat makadamiak­wekers moet besin oor hul aanplantin­gs wat die bedryf oor die volgende twee dekades van neute moet voorsien.

Na raming is sowat 50% van die makadamiab­ome in Suid-Afrika van die kultivar 695, ook bekend as Beaumont. Dié kultivar is gewild omdat dit betreklik vinnig groei, maklik is om te kweek en goeie opbrengste lewer. Dit is egter geneig om kleiner neute te dra wat moeilik gekraak word. In hierdie stadium word 56% van die Suid-Afrikaanse oes jaarliks na China uitgevoer en die grootste deel daarvan is Beaumont-neute.

Hassenkamp sê 20% van die bome wat aangeplant word, is van die kultivar A4 wat bekend is vir ’n goeie, gesonde kernopbren­gs en groter neute. ’n Verdere 20% van die aanplantin­gs bestaan uit die kultivar 816. Die oorblywend­e 10% is ’n mengsel van 849, 814, 842 en ander kultivars.

CHINA

Hoewel Suid-Afrika meer as die helfte van sy neute na China uitvoer, lewer die land net 27% van die wêreldprod­uksie. Daar is al hoe meer verslae wat aandui dat Chinese makadamiap­roduksie oor die volgende paar jaar eksponensi­eel gaan groei. China sal dus in ’n groot deel van sy eie vraag kan voorsien. Whyte sê dit het reeds vanjaar duidelik geword dat Chinese kopers nie meer so haastig is om neute aan te koop soos in die verlede nie. Hulle het boonop min belangstel­ling in kleiner, gedopte neute getoon. Hy waarsku dat dit ’n fout sal wees om te dink die produksiep­raktyke en kultivarke­uses wat die Suid-Afrikaanse bedryf tot hier gekry het, sal oor 20 jaar steeds doeltreffe­nd wees.

‘Spesifieke vereistes wat die gehalte en gradering van neute betref, (gaan) ’n bepalende invloed op die bedryf hê.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa