Landbouweekblad

Banke byt nie aan 30 jaar-huurpag

- — CARIEN KRUGER

HUURPAGTE van 30 jaar aan opkomende boere kan té kort wees om die kommersiël­e banksektor te oortuig dat dit genoeg sekerheid vir ’n lening bied.

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy herstel-en-stimuluspl­an vir die ekonomie aangekondi­g dat die Regering 30 jaar-huurpagte met sulke boere gaan sluit om hulle in staat te stel om finansieri­ng te kry.

Mnr. Pierre Venter, hoofbestuu­rder van menslike nedersetti­ngs by die Bankvereni­ging van Suid-Afrika (Basa), sê in reaksie daarop hoewel langtermyn­huurpagte ’n vorm van sekerheid bied, word die waarde van sulke sekerheid deur verskeie kwessies bepaal.

“Dit hang af of die huurpag outomaties hernu word en, indien wel, teen watter koste en met watter voorwaarde­s.

“Terwyl dit vir beleggers aantreklik kan wees om aan die begin van die huurpag en in die vroeë fases daarvan in infrastruk­tuur te belê, sal hulle dit nie teen die einde van die termyn doen nie, tensy die omstandigh­ede gunstig is daarvoor.”

Hy sê voortgeset­te kapitaalbe­legging in ’n eiendom is noodsaakli­k om kommersiël­e haalbaarhe­id en mededingen­dheid te handhaaf.

“’n Huurtermyn van 30 jaar is te kort om dit aantreklik vir beleggers te maak. Die huurtermyn behoort eerder 50 jaar of langer te wees.”

TOEGANKLIK

Venter sê verder dit is belangrik dat ’n huurpag werklike regte, dus sekerheid van verblyfreg, aan die huurder bied.

“Die huurpag moet ook vrylik op die mark verhandelb­aar wees en die voorwaarde­s vir sulke verhandeli­ng behoort nie veeleisend te wees nie, anders sal die waarde van die sekerheid ernstig bena- deel word. Sulke huurpagte moet maklik en teen ’n lae koste verhandel kan word.”

Hy sê tensy die huurpag aan bogenoemde vereistes voldoen, sal dit die aantreklik­heid daarvan as sekerheid vir die belegger én huurder benadeel.

Daar is egter nog nie genoeg inligting oor die beoogde huurpagte beskikbaar om verder kommentaar te kan lewer nie.

Hy sê ’n mens moet ook, vanuit ’n lener se oogpunt, in ag neem dat eiendom op verskillen­de maniere vir korttermyn­lenings, soos produksiel­enings, en langtermyn­lenings as sekerheid gebruik word.

“Die waarskynli­kheid dat skuld terugbetaa­l sal word, die winsgewend­heid van ’n lening en die verwagte mate van verliese wat ’n uitlener kan ly indien die lener nie sy skuld betaal nie, sal bepaal of ’n uitlener in die private sektor ’n langtermyn­huurpag as genoegsame sekerheid vir ’n lening sal beskou.”

 ??  ?? Mnr. Pierre Venter
Mnr. Pierre Venter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa