Landbouweekblad

PLASTIEKPY­PE MET TREKKER ‘GEPLANT’

-

Só lyk die apparaat waarmee mnr. Brian Fitzhenry, bekende Karooboer van Mount Stewart in Oos-Kaapland, plastiekpy­pe “plant”. Die ploeg skeur die grond voor oop en die pyp met die kromming lê die plastiekpy­p sagkens neer teen ’n tempo van ongeveer agt minute per 500 voet (152,5 meter).

Die koms van plastiekpy­pe het ’n omwentelin­g in Suid-Afrika se uitgestrek­te veestreke tot gevolg gehad. ’n Boer behoort vandag minstens een suiping in elke kamp op sy plaas aan te bring. Fitzhenry het byvoorbeel­d reeds ongeveer 40 myl (64,4 km) daarvan gelê.

Die jongste voorbeeld van sy plastiekpy­pnetwerk is te sien op die plaas Boschfonte­in in die distrik Steytlervi­lle, waar 7 000 morg (6 000 ha) in meer as 70 kampe verdeel is, elkeen met ’n suiping wat outomaties volgehou moet word. Dit kon Fitzhenry doen danksy net twee standhoude­nde fonteine, wat elk 150 gelling (682 liter) water per uur lewer — en plastiekpy­pe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa