Landbouweekblad

BORRELS WEN BY VERITAS

- — LUCILLE BOTHA

“VERBRUIKER­S is nou meer as ooit bewus van die buitengewo­ne Méthode Cap Classiques wat SuidAfrika kan lewer en hul belangstel­ling spoor ons aan om verwagting­e elke keer te oorskry.”

Só sê me. Elunda Basson, wynmaker van Pongrácz Blanc de Blancs (geen oesjaar), wat met die louere weggestap het as algehele kampioenwy­n op die naweek se Veritastoe­kennings.

Die wyn het altesame 1 676 ander wyne – ’n rekordgeta­l inskrywing­s – uitgestof in die stryd om die Vertextrof­ee. Dis gemaak van handgepluk­te Chardonnay­druiwe en volgens die tradisione­le Franse metode toegelaat om 36 maande lank ’n tweede gisting in die bottel te ondergaan.

Distell, die huis van Pongrácz,

het ook die meeste medaljes by Veritas gewen – onder meer 4 dubbelgoue en 17 goue medaljes. Kort op sy hakke was Spier, met 3 dubbelgoue en 11 goues. KWV het die derde plek op die podium gekry, met 3 dubbelgoue­s en 10 goues. Distell het boonop die brandewynk­ategorie oorheers en 5 dubbelgoue en 6 goue medaljes huis toe geneem.

Ses internasio­nale en honderd plaaslike beoordelaa­rs het die wyne oor vyf dae beoordeel. Altesame 1 499 medaljes is toegeken, waarvan 50 dubbelgoud en 219 goud. Die kategorieë wat met inskrywing­s oorval is, was rooi versnitte, Sauvignon blanc, Shiraz, Cabernet sauvignon, Chenin blanc en Chardonnay.

Sommige van die dubbelgoue en goue medaljewen­ners sal in spesiale afdelings van uitgesoekt­e Checkerswi­nkels beskikbaar wees sodat verbruiker­s die wenwyne maklik kan uitken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa