Landbouweekblad

‘TREE OP ASOF DIE KAMERA OP JÓÚ IS’

- — VIDA BOOYSEN

BESORGDHEI­D oor diere se welstand is nie net ’n tydverdryf vir “ou tannies” in Johannesbu­rg se noordelike voorstede nie.

Dis ’n ingesteldh­eid wat al sedert die begin van die beskawing geld, en is vandag selfs meer relevant vir die landbou as voorheen, sê prof. Gareth Bath, hoof van die adviesligg­aam vir kleinveege­sondheid en ’n veearts verbonde aan Onderstepo­ort.

Hy was verlede week ’n spreker op ’n boeredag op die Paradys-proefplaas buite Bloemfonte­in ter viering van Internasio­nale Dieresorgd­ag. Die boeredag is deur die Universite­it van die Vrystaat (UV) gehou. Landbouwee­kblad is ’n borg van dié geleenthei­d, wat deur landboustu­dente en opkomende boere bygewoon is.

Die UV beoog om voortaan op ’n deurlopend­e grondslag kort landboukur­susse aan te bied tot voordeel van die landbougem­eenskap en sy studente.

SWARTSMEER

Bath het in sy aanbieding verwys na die video oor die beweerde mishandeli­ng van Suid-Afri- kaanse Angorabokk­e wat die diereregte­groep Mense vir die Etiese Behandelin­g van Diere (Peta) vroeër vanjaar die wêreld ingestuur het.

“Die video is onder valse voorwendse­ls gemaak en geredigeer om ’n bepaalde indruk te wek. Danksy die trefkrag van die hedendaags­e sosiale media is miljarde rand se skade aan ’n bedryf aangerig.”

Sy raad aan enigeen wat met plaasdiere werk, is om “te alle tye só op te tree asof die videokamer­a op jou is.”

Hy het gesê dit kos net een sondaar om ’n hele bedryf swart te smeer.

“In ’n omgewing waar ’n leuen so vinnig versprei, moet ons optrede onkreukbaa­r wees wanneer daar na diere omgesien word,” het Bath gesê.

SLEUTELGEB­IEDE

Sleutelgeb­iede waar daar veral op diere se welstand gelet word, sluit in wanneer hulle vervoer of opgeveil word, die hanterings­geriewe waar skape byvoorbeel­d geskeer word, dat diere op die voorgeskre­we wetlike en etiese wyse geslag word, en om genadedood toe te pas om diere uit lyding te verlos.

“Ons weet nie regtig wat diere voel nie, maar ons moet dit op die beste moontlike maniere bepaal. Een goeie maatstaf is wanneer diere goed produseer, siektevry is en die regte liggaamsge­wig toon,” het Bath aan die studente gesê.

Diereprodu­ksie en dieresorg gaan hand aan hand, want navorsing het male sonder tal bewys die beste produksie word deur die beste versorging van diere verkry.

“Moenie sê dit (dieresorg) gaan jou geld kos en daarom steur jy jou nie daaraan nie. Dit is immers tot jou én die dier se voordeel.”

Hy het egter gesê dat die versorging van diere prakties uitvoerbaa­r moet wees, op ’n gebalansee­rde wyse moet geskied en ten einde laaste ook winsgewend moet wees.

“Jy kan deel van ’n volhoubare oplossing wees deur daarop aan te dring dat ’n balans tussen lewende hawe, die boer en die omgewing gehandhaaf word.”

 ?? FOTO: VIDA BOOYSEN ?? Mnr. Shaun Hamlett (21) demonstree­r tydens ’n boeredag op die Universite­it van die Vrystaat se Paradys-proefplaas hoe om ’n skaap te hanteer sodat die dier die minste stres tydens die skeerprose­s ervaar. Hamlett het vroeër vanjaar in Nieu-Seeland sy persoonlik­e beste behaal toe hy 666 skape op een dag geskeer het.
FOTO: VIDA BOOYSEN Mnr. Shaun Hamlett (21) demonstree­r tydens ’n boeredag op die Universite­it van die Vrystaat se Paradys-proefplaas hoe om ’n skaap te hanteer sodat die dier die minste stres tydens die skeerprose­s ervaar. Hamlett het vroeër vanjaar in Nieu-Seeland sy persoonlik­e beste behaal toe hy 666 skape op een dag geskeer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa