Landbouweekblad

KONSORTIUM-MERINO SLAAN SLAG VIR WOLBOERE

- — MARLEEN SMITH

SUID-AFRIKAANSE wolboere kan nou ’n premie van 5% op hul wol verdien danksy ’n nuwe ooreenkoms tussen die telersgroe­p Konsortium-Merino, die internasio­nale vervaardig­er van sportklere Decathlon en die wolmakelaa­r Segard Masurel.

Dié drie maatskappy­e het ’n memorandum van verstandho­uding onderteken dat Konsortium-boere se wol voortaan in Decathlon se sportklere gebruik sal word. Dit sal vooraf teen ’n 5%-premieprys gekontrakt­eer word, sê mnr. Lawrence Friskin, uitvoerend­e hoof van Segard Masural in Suid-Afrika.

Decathlon bedryf byna 1 400 winkels in 42 lande. Die maatskappy het 82 000 personeell­ede en ’n jaarlikse omset van meer as €11 miljard (sowat R187 miljard).

Decathlon se Quechua-reeks spesialise­er in stapklere en -toerusting. ’n Deel van die reeks is verskeie produkte wat stappers

teen die vel dra. Die maatskappy glo wol is die beste vesel vir hierdie soort kledingstu­k, sê Friskin.

Decathlon gebruik net Suid-Afrikaanse wol en het nou besluit om ál hierdie wol deur Segard Masurel aan te koop. Voorts het die maatskappy onderneem dat minstens die helfte van die wol van Konsortium-boere moet kom.

ETIESE VESEL

Friskin sê Decathlon stel baie streng vereistes oor die etiese hantering van vee en goeie omgewings- en maatskapli­ke bestuur op die plaas. ’n Deel van die ooreenkoms is dus dat Segard Masurel plaasoudit­s gaan doen om te verseker dat aan Decathlon se vereistes voldoen word.

“Hierdie ooreenkoms is ’n nuwe manier van bemarking van Suid-Afrikaanse wol – nie net vir Konsortium se lede nie, maar ook vir ander boere wie se wol en boerderye aan die vereistes voldoen.

“Konsortium­lede se wol sal regstreeks van die plaas af gekoop word teen 5% meer as die markprys op die dag van kontrakter­ing.”

Die doelwit is om wol te kontraktee­r nog voor die skape geskeer word, sê hy.

’n Eerste besending wol is reeds aan Decathlon gelewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa