Landbouweekblad

2 ANGOLA & NAMIBIË | Sonde met die boere

-

Angolese amptenare beskuldig Namibiese boere wat hul vee in die grensgebie­d tussen die twee lande laat wei, van onwettige beweiding, mynbou, houtkapper­y, kinderarbe­id en stropery.

Dié beweringe het onlangs aan die lig gekom op ’n vergaderin­g tussen boere en amptenare in die distrik Ohangwena in Namibië nadat Namibiese amptenare daarvan te hore gekom het.

Mnr. Usko Nghaamwa, distriksgo­ewerneur van Ohangwena, het gewaarsku die Angolese regering sal geen keuse hê as om dié boere se weidingsre­gte op te skort as hulle voortgaan om Angola se wette te oortree nie.

Hy het bygevoeg dat geen wetlike weidingsoo­reenkoms tussen die twee lande bestaan nie.

Namibiërs gebruik dus die grond op hul eie risiko. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa