Landbouweekblad

‘Dié vraagstuk kan jy net stapsgewys oplos’

- — CARIEN KRUGER

OPLOSSINGS vir die grondkwess­ie moet deur ’n stelselmat­ige benadering gevind word, sê oudpres. Kgalema Motlanthe. Volgens hom dink Suid-Afrikaners in makro-terme oor grondhervo­rming en dit veroorsaak vrees in alle sektore.

Hy het op Rapport en City Press se grondindab­a in Johannesbu­rg gesê die proses moet afgebaken word sodat dit in opeenvolge­nde stappe gehanteer kan word.

“Eerstens moet ons die kwessie van sekerheid van verblyfreg in stedelike gebiede oorweeg, dan sekerheid aan plaasbewon­ers en huurwerker­s, en dan dié reg uitbrei na mense wat in landelike gebiede woon. Uiteindeli­k kan ons die kwessie aanpak van kommersiël­e plase wat deur swart mense gehuur word, asook ander kommersiël­e grond.”

Motlanthe het gesê vir so ’n proses is ’n wet met algemene toepassing nodig. “As ons in opeenvolge­nde stappe aan die kwessie van grond dink, sal dit aan sekere bronne van nasionale griewe aandag gee, asook aan die meeste se honger na grond.”

VERDELENDE SAAK

“Hoewel die kwessie van grondhervo­rming ingewikkel­d lyk en die probleme duidelik sigbaar is, sit ons ons werk volgens die riglyne van ons Grondwet voort. Ons beur voort ondanks, en weens, die huidige onmin en kakofonies­e gesprekke oor die grondkwess­ie.”

Motlanthe het gesê die kwessie het ’n warm, betwiste en verdelende saak geword, “wat ons post-apartheid-bewussyn chaoties kaap”.

’n Hoëvlakpan­eel, onder voorsitter­skap van Motlanthe, wat onder meer na vordering met grondhervo­rming moes kyk, het bevind “die euwels van die verlede word post-apartheid in die samelewing herhaal, ondanks uitgebreid­e wetgewende hervorming”.

Die behoefte aan grondhervo­rming is volgens hom nog altyd duidelik verwoord. Die ongunstige sienings in die huidige debat daaroor word volgens hom dikwels deur klasbelang­e en die behoud van bevoorregt­e status aangedryf.

ALMAL SE WELSYN

Die welsyn van almal wat in Suid-Afrika leef, moet in ag geneem word, “nie net die belange van ’n paar partydige en bevoordeel­de groepe wat voortgaan om die buit van separatist­iese ideale” te geniet nie, het hy gesê.

“Om te behoort, eenheid en identiteit is tot die terra firma van ons land verbind. Dit raak ons pogings tot versoening en maatskapli­ke samehorigh­eid baie ernstig, asook mense se materiële lewe, deurdat grond toegang bied tot maatskapli­ke sekerheid, die ekonomie en indiensnem­ing.

“Baie mense sal vra hoe dit bereik kan word, en die antwoord is deur kollektiew­e verantwoor­delikheid,” het Motlanthe gesê.

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Mnr. Kgalema Motlanthe
FOTO: CARIEN KRUGER Mnr. Kgalema Motlanthe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa