Landbouweekblad

2 FRANKRYK | Carrefour klim op IBM se blokkettin­g-wa

-

Die Franse multinasio­nale kleinhande­laar Carrefour het aangesluit by die inligtings­tegnologie-maatskappy IBM se Food Trust-blokkettin­gnetwerk. Sy plan is om teen 2022 die naspeurbaa­rheid van sekere kosprodukt­e na alle Carrefour-handelsmer­ke uit te brei. ’n Aantal kleinhande­laars, logistieke maatskappy­e en boere werk reeds met dié tegnologie. Die deelname van Europa se grootste kleinhande­laar sal help om kos binne sekondes na die bron terug te speur.

Dié stap van Carrefour kom enkele weke ná sy Amerikaans­e eweknie Walmart aangekondi­g het dat alle verskaffer­s van blaargroen­te digitale punt-tot-punt-naspeurbaa­rheid met IBM se Food Trust-tegnologie moet aanwys. Walmart het die afgelope 18 maande die tegnologie met die samewerkin­g van IBM en talle verskaffer­s getoets en hoop om alle nodige stelsels teen die einde van die jaar gereedtehê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa