Landbouweekblad

3 AMERIKA | Kan bevrore avokado’s geld maak?

-

Welch’s, die Amerikaans­e kosverwerk­er wat veral bekend is om sy druiwesap, versnaperi­ngs en bevrore vrugte, het onlangs bevrore avokado’s in sakke van 283 g en 907 g begin bemark. Die maatskappy sê op sy webwerf die avokado’s word gevries wanneer hulle ryp is, sodat hulle altyd gereed is wanneer jy hulle nodig het.

Die wêreldwye handel in avokado’s was verlede jaar $13 miljard (R191 miljard) werd, en sal na verwagting tot $23 miljard (R338 miljard) teen 2027 groei, maar almal in die waardekett­ing krap nog kop oor hoe om die vrugte se kort raklewe te oorkom. Na gelang van hoe smaaklik die bevrore avokado’s is wanneer hulle ontdooi het, kan dit ’n winsgewend­e nuwe produklyn wees vir Welch’s, een van die weinig oorblywend­e onafhankli­ke groot kosmaatska­ppye in Amerika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa