Landbouweekblad

BLUS VUUR VOOR DIT HANDUIT RUK

-

WaterBok Fire & Water se FireCatche­r™ is ’n kompakte brandbestr­ydingskarr­etjie wat maklik oor ruwe terrein getrek kan word.

Dr. Paul Bartels het die karretjie ontwikkel nadat ’n veldbrand sy eiendom verwoes het omdat daar niks nuttigs byderhand was om die vuur te blus toe dit nog klein was nie.

Die karretjie kan alleen op kleinhoewe­s en klein plase gebruik word, of op groter plase saam met ander brandbestr­ydingstoer­usting.

Die tenk hou tot 65 liter water. Sonder water weeg die karretjie net 15 kg. ’n Mens bind dit met ’n gordel aan jou lyf vas sodat dit maklik getrek kan word terwyl jou hande vry is.

Die tenk en wiele word van poliëtilee­n gemaak. Die karretjie het ’n bootvorm sodat dit sonder moeite deur bosse en oor ongelyke terrein getrek of in nou ruimtes gebruik kan word. Die geharde onderstel is van staal gemaak. Dit het ook ’n handpompme­ganisme om water te spuit, of om bosluise op diere en teen plae op plante te bespuit.

’n Goedkoper weergawe het nie ’n pompmegani­sme nie en kan as waterdraer vir mense sonder lopende water dien. PRYS: R5 170.

NAVRAE: Webwerf: waterbok.org; dr. Paul Bartels, e-pos: info@ waterbok.org, sel. 082 990 3533.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa