Landbouweekblad

Wenbulle weer vereer

Die nasionale algehele interraswe­nner van Suid-Afrika se skouwenner­s word by die Aldam-veeskool aangekondi­g.

-

Dié kompetisie was een van die eerstes wat teelwaarde­s na die skouring gebring het.

Zoetis, Landbouwee­kblad en Breedplan se kompetisie vir Jong Bul van die Jaar was 13 jaar gelede een van die eerstes wat teelwaarde­s na die skouring gebring het. Die doelwit van hierdie kompetisie is om skoue te gebruik om genetiese vordering met ekonomiese belangrike eienskappe te bevorder.

Daar is nie altyd ’n hoë korrelasie tussen ’n dier se visuele voorkoms en sy teelwaarde­s nie. Gevolglik het die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie besluit ’n bul wat aan dié klas deelneem, sal om die helfte beoordeel word volgens objektiewe prestasied­ata en sy subjektiew­e visuele punt.

Alle bulle van 12-36 maande oud met beraamde teelwaarde­s op skoue, kom in aanmerking. Standaardk­riteria word gebruik om die teelwaarde­s (geboortege­wig, speengewig, jaaroudgew­ig, finale gewig, volwasse koeigewig en skrotumomv­ang) te meet.

Die onderskeie raswenners ding visueel mee in die interrasko­mpetisie vir die posisie as algehele skouwenner.

2018 SE SKOUWENNER­S

Mnre. Carl en Derick le Roux (Xourel-Limousins) se bul Xourel Rainmaker XRL1559 was die algehele skouwenner op die Vryburg-, Lichtenbur­g- en Bloemfonte­inskou. Mnr. Colin Emanuel (Epworth-Angusstoet­ery) se bul Epworth Wholesome E15-85 is op die Royalskou in Pietermari­tzburg as die algehele wenner aangewys. Mnr. Mornay Verster (Le Roc Brangus) se Brangusbul Le-Roc LR15181 het koning gekraai op die nasionale Branguskam­pioenskaps­kou. Mnr. Wessel Hattingh (Welcare-stoetery) se bul Welcare Echo WWH1689 het op die nasionale Brahmankam­pioenskaps­kou gewen. Mnr. Handri Conradie (Kaalfontei­n-boerdery) se Simmentale­rbul Kaalfontei­n Zirk KFN176 het op vanjaar se Swartlands­kou gewen. Mnr. Piet en me. Berdine Blaauw (Immanuel-stoetery) se Brahmanbul Immanuel Savimbi I15/102 het verlede jaar op die Windhoeksk­ou in Namibië as die algehele skouwenner weggestap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa