Landbouweekblad

Die storie van eZwelihle Farm is ’n suksesverh­aal wat hoop bring te midde van die huidige debat oor grondhervo­rming. Nuwe toetreder tot teelbedryf vereer

-

Vanjaar se eerbewys by die Aldam-veeskool aan Pick n Pay/Rudd se nuwe toetreder tot die kommersiël­e bedryf wat die meeste vordering getoon het, gaan aan die Khanyile-familie.

Dié suksesverh­aal begin in Johannesbu­rg waar ’n lid van die Khanyile-familie bevriend geraak het met ’n buurman wat van Amersfoort in Mpumalanga afkomstig was. Die Khanyilefa­milie het altyd gehunker na hul platteland­se wortels aan die voet van die Lebombober­ge in die noorde van KwaZuluNat­al. Die nuwe vriendskap het daartoe gelei dat die Khanyiles in 2000 die familiegro­nd by die bure gekoop het.

Die plaas is herdoop tot Vulindlela, wat “Maak die pad oop” of “Paving the way” beteken. Só is die maatskappy Afrikan Farms gebore. In 2003 is nog ’n plaas in die distrik gekoop en herdoop tot eZwelihle Farm. Tussen 2007 en 2012 is Vulindlela verkoop, maar nog twee ander plase naby eZwelihle Farm is aangekoop.

Die Khanyile-familie het die suksesvoll­e besigheid gebou op gesonde landbou- en bestuurspr­aktyke. Hulle is toegewyd aan transforma­sie en holistiese ontwikkeli­ng en bevorder ’n gesonde ekostelsel.

Verskeie vertakking­s word op die plase bedryf, waaronder Beefmaster-beeste, Dormerskap­e, ’n voerkraal wat 400 beeste kan huisves, ’n graanafdel­ing en ’n appelboord. Mielies en sojabone word op sowat 1 600 ha verbou, terwyl die huidige appelboord van 2 ha tot 10 ha in 2020 uitgebrei sal word.

Elke afdeling het sy eie bestuurder en 22 mense werk in heeltydse poste op die plaas. Die plaas is ook aktief betrokke by die ontwikkeli­ng van die omliggende gemeenskap.

UITBREIDIN­G

Hulle beoog om die voerkraal se kapasiteit te verdubbel. Moderne reproduksi­etegnologi­e, soos kunsmatige inseminasi­e en laparoskop­ie, word intensief op die plaas gebruik. Speenperse­ntasies van 80 of meer in die beeskudde en 130 in die skaapkudde is ook nie ongewoon nie.

Die familie is ook besig om ’n intensiewe varkproduk­sie-eenheid – waaronder ’n voerfabrie­k – met buitelands­e samewerkin­g op die been te bring.

Prof. Frikkie Neser is verbonde aan die departemen­t vee, wild en weiding aan die Universite­it van die Vrystaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa