Landbouweekblad

Die Land Bank se Koeigroep van die Jaar-wenners getuig van die puik teelmateri­aal van verskillen­de beesrasse wat beskikbaar is. Veeskool vereer beste koeigroepe

-

Vanjaar se wenners in die Land Bank se Koeigroep van die Jaar-kompetisie word op 18 Oktober tydens die Aldam-veeskool vereer. Volgens Breedplan Suider-Afrika het die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie besluit om die verskillen­de kompetisie­s te vernuwe.

Die Koeigroep van die Jaar is voorheen gekies op grond van die tien beste koeie in elke teler se kudde, gegrond op reproduksi­e, prestasie en groei of karkaspres­tasie. Sedert verlede jaar word die wenners uit deelnemend­e beesrasse op grond van ekonomiese seleksie-indekse gekies, waar van toepassing. Die grootste veranderin­g is dat die hele kudde nou in aanmerking geneem word.

Omdat seleksie-indekse gebruik word, het klein en groot kuddes ’n gelyke kans om te presteer in dié kompetisie.

WENNERS

Mnr. Ferdie Naudé van die plaas Doornpoort by Welkom in die Vrystaat se V5 Branguskoe­ikudde is 30 jaar oud en lewer jaarliks kampioenko­eie. Me. Charlotte Schuite van die plaas Heelbo naby Rosendal en Paul Roux in die Oos-Vrystaat selekteer al 40 jaar lank. Heelbo-Braford is ’n gerekende stoetery en Schuite is bekend as ’n teler van puik diere. Die Loriza-Brahman-kudde bestaan al sedert 1967. Die egpaar mnr. Louis en me. Christa Meyer boer op die plaas Nietverdie­nd naby Lichtenbur­g in Noordwes. Dié koeikudde het dié kompetisie al verskeie kere gewen. Mnr. John en me. Tracey Devonport se Devlan-Limousinst­oetery is gevestig aan die Vaaldam se boonste oewer naby Villiers. Die landgoed, Water’s Edge, front 20 km lank aan die dam. Die koeikudde se prestasie en gehalte het die beoordelaa­rs beïndruk. Mnr. Kallie en me. Helene van der Merwe se Santa Gertrudis-koeigroep van die Hepzibah-stoetery is ook ’n finalis. Dié stoetery is naby Ottosdal in Noordwes geleë. Die Exito-stoetery se Simbrakoei­groep behoort aan mnr. Karl-Heinz en me. Sigi Heimstädt van Namibië. Hulle teel sedert 1986 Simbras op hul plaas, Arcadia, sowat 250 km noordoos van Windhoek in die Namibiese sandveld. Die beste Simmentale­r-koeigroep in die kompetisie kom uit mnr. Willem Botha se Tendele-Simmentale­rstoetery. Dié kudde is tussen Senekal en Marquard in die Oos-Vrystaat geleë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa