Landbouweekblad

Uit afdeling: KORTPADKOS VIR KINDERS

-

Twee bestanddee­l-pizzadeeg

Hierdie heerlike pizzadeeg is een van my staatmaker­resepte. Jy meng dit binne sekondes en dit hoef glad nie te rys nie. Vir ’n besige ma wat ’n vinnige bederf aanmekaar wil slaan, sonder om gekoopte pizzabasis­se te gebruik, is hierdie resep ’n redding. 375 ml bruismeel 3 ml sout 250 ml Griekse jogurt

Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die meel en sout met die jogurt en maak aan tot ’n deeg vorm. Knie die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak tot dit glad en elasties voel en nie meer aan jou hande vassit nie. Verdeel in twee en rol die deeg dun of druk dit met jou hande plat. Sit die platgedruk­te deeg op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer pizzasous of tuisgemaak­te tamatiesmo­or oor elke basis en voeg dan bolae van jou keuse by. Rond af met gerasperde mozzarella­kaas. Bak vir ongeveer 7-10 minute tot die deeg gaar en die kaas op die pizzas gesmelt is. Lewer 2 groot of 4 klein pizzas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa