Landbouweekblad

Uit die afdeling: ROOMYS EN VRIESKASKO­EK

-

Sjokoladem­entroomys

’n Kombinasie van vars kruisement en bros peperments­jokolade maak hierdie roomys werklik besonders.

8 eiergele

100 ml strooisuik­er

500 ml melk

125 ml room

45 ml fyngekapte, vars kruisement­blare

2 stafies (49 g elk) Peppermint Crisp-sjokolade, fyn gekap

Klits die eiergele en suiker met ’n elektriese klitser tot dit liggeel en dik is en in ’n dik lint van die klitser afloop. Verhit intussen die melk en room in ’n kastrol tot net onder kookpunt. Laat effens afkoel en giet dan die roommengse­l in ’n dun straaltjie by die eiermengse­l, terwyl geklop word. Klop die mengsel deeglik en vinnig sodat dit nie skif nie. Giet alles terug in die kastrol en verhit die mengsel oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot die vla effens verdik is, maar nie kook nie. Laat afkoel. Voeg die kruisement by en meng. Verkoel die vla, giet in ’n roomysmake­r en karring tot sag gevries. (As jy nie ’n roomysmake­r het nie, giet die eiervla in ’n geskikte bak en vries vir 3-4 uur. Klits goed deur en vries weer tot half gevries.) Vou nou die gekapte sjokolade deur die roomys, bedek en vries tot benodig. Lewer 8 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa