Landbouweekblad

GEMMERPRYS­E STEWIG, MAAR . . .

- — JOHAN VAN DER MERWE

Tans verdien gemmerboer­e tot R30/kg vir goeie gemmer, maar mnr. Joachim Prinsloo van die Sunreap-boerdery naby Nelspruit meen dié situasie kan vinnig verander.

“Die ganse verbruik van gemmer in Suid-Afrika is ongeveer 15 ton per week. Die goeie prys van R30/kg kan gou onder druk kom omdat gemmer uit Asië teen R15/kg ingevoer kan word. Die gemmerbedr­yf is geskoei op gesonde verhouding­e op lang termyn en inligting in die bedryf word deeglik oorgedra. Wanneer ’n opportunis, wat dikwels nie goed ingelig is nie en slegs op die huidige prys besluite neem, skielik ’n klomp gemmer lewer, het dit ’n wesenlike invloed op die produkprys.”

Volgens mnr. Kobus Pieters wat met gemmer en makadamias op die Big 5 Macadamia-boerdery naby Sabie in Mpumalanga boer, brei groter gemmerboer­e, ongeag die wisselvall­igheid van die gemmerprys, deurlopend uit. “Daar is meer stabilitei­t vir die groter gemmerboer­e wat met regstreeks­e bemarkings­verhouding­e bestendigh­eid vir hulself bewerkstel­lig het.”

Die weer speel ook ’n groot rol in die volume wat op die plaaslike mark aangebied word. “Oor twee maande kan die prys moontlik weer klim tot R80/kg as gure weer die huidige goeie produksie benadeel,” sê Pieters. In ’n goeie seisoen, soos tans, produseer boere tot 50 t/ha wat ’n inkomste van R1,5 miljoen per hektaar teen R30/kg sal verseker.

Volgens Prinsloo kan die prys egter ook tot R8/kg daal as ’n enkele invoerder besluit om ’n enkele vraghouer uit China in te voer en op een slag 24 ton gemmer plaaslik lewer. “Dit is veral die invoer van gemmer wat die kleiner boere se ondergang versnel,” sê Pieters.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa