Landbouweekblad

DIE GESIGTE AGTER RHINO CONNECT

-

Me. Tersia Jooste: My passie vir die natuur en mense wat weet hoe om daarmee te werk — ons boere — was al sluimerend in die tyd toe ek as jong veldgids in die Addo-olifantpar­k nagritte gedoen het. Natuurlik het die gevoel ná bykans twee dekades in die regsprakty­k weer sterk kop uitgesteek. My passie is aangevuur deur die belangrike boodskap van ontdekking, toerisme en ontwikkeli­ng wat so ’n groot deel van die Afrikaanse geskiedeni­s is. Ek het ’n geleenthei­d gekry en Rhino Connect op die been gebring, en kan met groot dankbaarhe­id saam my man en kinders die plesiere en probleme van ons erfenis ervaar.

Me. Jana Jooste: Nadat ek die graad B.Soc.Sc. in bedryfsosi­ologie en arbeidstud­ies aan die Universite­it van Pretoria voltooi het, het ek tien jaar in die korporatie­we wêreld gewerk voor ek my hoëhakskoe­ne vir stapstewel­s verruil het. Dit was die beste besluit van my lewe. Ek geniet gehaltetyd met my man en seuntjie van 5 wat graag saam met sy mamma tyd in die veld deurbring. Ek spring verder rond tussen my skootreken­aar, selfoon en vergaderin­gs om al die administra­tiewe take van Rhino Connect in orde te hou. Ek droom ook daagliks oor nuwe projekte wat ons kan aanpak om dié wonderbaar­like spesie van uitsterwin­g te red.

Me. Mariska Nel: Net ná skool het ek gou my voete in die Bosveld gevind en my veldgids- en stapgidsop­leiding in 2010 voltooi. In 2011 is ek universite­it toe om ’n graad in ekotoerism­ebestuur te voltooi, en is tans ek met my meestersgr­aad in natuurbewa­ring besig. Ek konsentree­r op die stresanali­se van witrenoste­rs tydens verdowing. Ek sukkel om die stof van my skoene af te skud, maar wanneer ek myself in die stad bevind, werk ek hard saam met die Rhino Connect-span aan ons huidige projekte. Ek doseer ook deeltyds natuurbewa­ring aan die Tshwaneuni­versiteit van Tegnologie. Bewaring is ’n passie en ek is dankbaar dat my werk my passie kan wees!

 ??  ?? Mee. Tersia Jooste, Jana Jooste en Mariska Nel staan aan die stuur van Rhino Connect.
Mee. Tersia Jooste, Jana Jooste en Mariska Nel staan aan die stuur van Rhino Connect.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa