Landbouweekblad

‘INVOER ONNODIG’

- — CARIEN KRUGER

Die produksie van eiers het teen middel vanjaar herstel ná die groot daling weens voëlgriep verlede jaar.

Die bedryf is daarom ontevrede dat tafeleiers vanjaar ingevoer is.

Mnr. Willie Bosoga, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) se eierraad, sê die bedryf het buitengewo­ne stappe gedoen om die aanbod van eiers te herstel.

Dit het ingesluit om lêhenne langer in produksie te hou, bevrugte lêhen-eiers in te voer om plaaslik uit te broei en enige ongekontra­kteerde uitvoer van eiers te staak.

Die bedryf het tot dusver vanjaar nog net een aangemelde voorval van voëlgriep gehad, van ’n ander stam as die vorige jaar se uitbreking.

Desondanks het die eerste skeepsvrag ingevoerde tafeleiers in Junie vanjaar in die land aangekom. “Die invoer van eiers is onnodig,” het Bosoga in ’n verklaring gesê. Die eiers kom van lande waarvan die siektestat­us onduidelik is en waar subsidies en aansporing­s vir uitvoer is.

“Die eiers se fisieke of biologiese status word nie geïnspekte­er nie. Dit word op see teen 2 °C verkoel en daarna verpak en teen aanvoelbar­e temperatuu­r versprei.

“Dié onderbreki­ng in die kouekettin­g sal bederf veroorsaak,” het Bosoga gesê.

Luidens ’n SAPV-verslag was die gemiddelde eierprys in Mei 2018 20,7% hoër as in Mei 2017.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa