Landbouweekblad

Veeskool lê klem op wins en vrugbaarhe­id

Veeboere wat vanjaar se Aldam-veeskool bywoon, kan uitsien na ’n reeks voorleggin­gs en praktiese werksessie­s oor vrugbaarhe­id en winsgewend­heid, skryf mnr. Kobus Bester, voorsitter van die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie.

-

Tien jaar gelede het die Aldam-veeskool as die Aldam-vleisbeess­kool begin. Intussen het dit ontwikkel tot een van die beste jaarlikse geleenthed­e in sy soort op die kalender.

Die Veeskool streef daarna om die lewendehaw­ebedryf toe te lig aangaande die beste en nuutste tegnologie beskikbaar.

Om al die hoogtepunt­e oor die jare heen te vermeld, sal te lank duur, maar temas wat ’n ingrypende impak op die bedryf gehad het, was onder meer die bydraes van dr. Roger Hunsley oor vleis- en karkaseien­skappe. Dit behels die ekonomiese waarde van voerdoeltr­effendheid en dat daar nie net na die gemiddelde daaglikse toename (GDT) en voeromsett­ingsverhou­ding (VOV) gekyk moet word nie, maar liefs klem gelê moet word op netto voerdoeltr­effendheid.

Belangrike gesprekke oor die rooivleisw­aardeketti­ng is ook gevoer. Oor die afgelope paar jaar het die noodsaakli­kheid van die gebruik van genomika en moderne wetenskap al hoe duideliker geword. Daarom is die tema van vanjaar se Veeskool “Vrugbaarhe­id: Die grondslag vir winsgewend­heid”.

TOEKOMSBLI­K

Die impak van vrugbaarhe­id op winsgewend­heid is alom bekend. Die klem val vanjaar dus ook op wat die volgende stappe is om dié aspek van teling tot voordeel van die boer en die bedryf te optimalise­er.

Elke teler, hetsy stoet of kommersiee­l, behoort verbind te wees tot deurlopend­e genetiese vordering.

Allerlei fasette van teling, byvoorbeel­d verkorte generasiei­ntervalle, gaan in die toekoms al hoe belangrike­r word. Deur genomika korrek te gebruik, kan met goeie akkuraathe­id en redelike betroubaar­heid geneties meerderwaa­rdige diere geïdentifi­seer word.

Om deurlopend­e genetiese vordering te maak, sal behels om hierdie diere (manlik en vroulik) so spoedig en doeltreffe­nd moontlik te laat vermeerder. Dit is uit hierdie denkwyse dat die tema vir vanjaar se Aldam-veeskool ontwikkel is. Die spesialiss­prekers wat genooi is, is gekies omdat hulle juis daarin ’n bydrae kan lewer.

MÉÉR AS NET KI

Verby is die dae dat genetiese vordering versnel is slegs deur middel van inseminasi­e met bulle se saad en deur baie nageslag van sekere bulle te verwek. Dit is al geruime tyd moontlik om ook uit vroulike diere baie meer nageslag te verwek.

Die tegnieke en metodes wat daarvoor gebruik word, het oor die jare heen baie ontwikkel en uitgebrei. Dit is dus die ideale geleenthei­d vir boere om hulle te vergewis van die jongste ontwikkeli­nge in die bedryf rakende hierdie onderwerp.

Deelnemers aan die Veeskool gaan leer hoe om klem te lê op versnelde genetiese vordering, ook wat dieregetal­le betref, deur besluite te neem geskoei op genomiese beginsels met die oog op volhoubare winsgewend­heid op lang termyn.

 ?? FOTO: KOBUS BESTER FOTO: JOHAN NORVAL ?? Kunsmatige inseminasi­e bly ’n goeie opsie om genetiese vordering te bespoedig soos Vleisberg Simbras se bul Digger toon. Talle spesialist­e op die gebied tree op as sprekers op die Aldam-veeskool waar reproduksi­etegnieke, soos die gebruik van embrio’s, onder die loep gaan kom. Mnr. Kobus Bester.
FOTO: KOBUS BESTER FOTO: JOHAN NORVAL Kunsmatige inseminasi­e bly ’n goeie opsie om genetiese vordering te bespoedig soos Vleisberg Simbras se bul Digger toon. Talle spesialist­e op die gebied tree op as sprekers op die Aldam-veeskool waar reproduksi­etegnieke, soos die gebruik van embrio’s, onder die loep gaan kom. Mnr. Kobus Bester.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa