Landbouweekblad

Aldam-veeskool vier tien jaar

Die Aldam-veeskool se wesenlike bydrae tot die lewendehaw­ebedryf is onontbeerl­ik vir die veesektor. Dr. Michael Bradfield, direkteur van Breedplan Suider-Afrika, skryf oor die eerste dekade.

-

Toptelers in Suider-Afrika sal onthou hoe ons 15 jaar gelede onder in die kelder by Oliewenhui­s in Bloemfonte­in eerbewyse uitgedeel het vir die Stoetteler van die Jaar, Koeigroep van die Jaar en Bul van die Jaar.

Mnr. Sean Summers, uitvoerend­e hoof van Pick n Pay, die platinum-hoofborg, het die eerbewyse uitgedeel. Hy het mnr. Martin Seyfferdt geterg oor hoe hy sy eie “teelballe” moet beskryf en mnr. Malcolm Baxter, hoof van Pick n Pay Butcheries, was effens bang die boere gaan hom aanrand, want die verhouding tussen die handel en boere was in daardie stadium baie swak.

Ek het gemeen die waardekett­ing moes nader aan mekaar beweeg. Landbouwee­kblad het ook, met die hulp van die joernalis Andries Gouws, as mediaborg aan boord gekom. Die algehele wenners in Landbouwee­kblad en Breedplan se kompetisie vir Nasionale Teler van die Jaar mag nie weer inskryf nie en ná vyf jaar is besef toekomstig­e wenners gaan nie met verloop van tyd verbeter nie tensy ons hulle oplei om die wetenskap agter teling toe te pas. Só het die Aldam-vleisbeess­kool ontstaan om die hele stoet- en vleisbedry­f deur kennis en opleiding op te hef.

EERSTE JARE

Dr. Roger Hunsley, wat in die Amerikaans­e Cattleman’s Hall

of Fame ingesluit is, was vier jaar lank ’n gewilde spreker met sy “slagoslesi­ngs”. Die hele karkas is gevries en in stukke van 10 cm breed opgesny. Sparta het die karkas geborg. Breedte is belangrike­r as diepte in ’n dier, het Hunsley jaarliks aan ons bewys.

Die borge van destyds staan steeds bankvas agter die skool, naamlik Pick n Pay, Molatek, Zoetis, Sparta, Land Bank, Unistel, BKB, die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO), Rudd Produkte en Taltec.

Nuwe borge wat vanjaar bygekom het, sluit in Allflex, Gallagher en die Wagyu-telersgeno­otskap tesame met Woodview wat die ete tydens die toekenning­sgeleenthe­id borg.

Die skool se formaat het deur die jare min of meer dieselfde gebly met genooide sprekers in die oggend, praktiese lesings in die middae en gesellige kuieraande om elke dag af te sluit. ’n Toekenning­sgeleenthe­id die Donderdaga­and is ’n hoogtepunt. Besoeke aan plase, of Sparta se voerkraal of slagplaas, is ook op die program. Sedertdien is die skaap- en bokbedryf ook betrek en die naam is na die Aldam-veeskool verander.

KENNERS VOL LOF

Het die skool die lewendehaw­ebedryf verander? Beslis. Slegs die heel beste internasio­nale en plaaslike sprekers word genooi.

“Die beste opleidings­geleenthei­d in sy soort ter wêreld!” was een van die opmerkings, nogal van ’n Aussie wat ’n Order of the British Empire-eerbewys gekry het vir sy dienste in die internasio­nale beesbedryf.

Die hoof van die Amerikaans­e departemen­t van landbou, dr. John Pollak, het ook ander Amerikaner­s aangemoedi­g om die skool by te woon.

Lees nog terugvoeri­ng en kommentaar by www.stock mansschool.co.za.

VERANDER DENKWYSES

Aanvanklik was die temas generies en daarop toegespits om ’n beter verstandho­uding in die

waardekett­ing te kry. Later het die klem verander om spesifieke aspekte in die bedryf te bespreek.

Sprekers, soos mnr. Ian Crook van Pick n Pay, het na verbruiker­sbehoeftes gekyk. Me. Estelle van Reenen van Sparta, saam met mnr. Nick Serfontein van Sernick, het ook ’n paar keer as sprekers opgetree. Suid-Afrika se leidende stoet- en kommersiël­e boere wat sprekers is en was, is te veel om te noem.

Van die noemenswaa­rdige lesings is byvoorbeel­d dié van mnr. Ian Locke, wat in 2012 gepraat het oor die belangrikh­eid van veebeladin­g.

Prof. Mike Goddard, ’n wêreldbeke­nde deskundige in genomika en lid van die Britse Royal Society, het gewys hoe genomika as nuwe wetenskap toegepas moet word en dat alles begin by betroubare data.

Die veebedryf is plaaslik verander nadat verskillen­de aspekte van voerdoeltr­effendheid in diepte bespreek is. Vandag is daar nuwe Growsafe-bultoetsst­asies in Namibië en by die Landbounav­orsingsraa­d in Irene in Gauteng danksy die Aldam-veeskool se invloed.

Mnr. Lee Leachman, wat bykans 1 500 bulle per jaar toets en as een van Amerika se beste stoetboere beskou word, was al twee keer ’n spreker op die skool. Prof. Bob Weaber, ook van Amerika, het koeigroott­e en funksionel­e doeltreffe­ndheid toegelig. Hy het bewys ’n grootraamk­oei het ’n plek in die bedryf.

Die afgelope vyf jaar was die klem op spesifieke temas, soos prestasiet­oetsing, genomika, voerdoeltr­effendheid en samewerkin­g in die waardekett­ing om net ’n paar te noem.

In 2016 was die tema vleisgehal­te, veral klassifika­sie teenoor gradering. Een van die RPO se nuwe strategies­e planne is juis om met ’n vrywillige graderings­telsel te begin. Vanjaar se tema lê klem op vrugbaarhe­id vir verhoogde wins.

DANKIE

’n Merkwaardi­ge aantal stoetteler­s het gehelp om hierdie skool een van die bestes ter wêreld te maak. Aan hulle, ons getroue borge en die organiseer­ders van die skool (veral mee. Charmaine Alberts en Larrochell­e Bryden), sê ons baie dankie.

Geniet 2018 se Aldam-veeskool!

 ??  ?? Praktiese opleidings­essies en verskillen­de slypskole word op die Aldam-veeskool aangebied.
Praktiese opleidings­essies en verskillen­de slypskole word op die Aldam-veeskool aangebied.
 ?? FOTO: ARGIEF ?? Dr. Roger Hunsley was jare lank by die skool betrokke. Hy was bekend om sy “slagoslesi­ng”. Hunsley se lesings was toegespits op die ooreenkoms tussen bouvorm en vleisprodu­ksie. Oogspierop­pervlaktes is gemeet omdat dit ’n goeie aanduiding van bespiering is.
FOTO: ARGIEF Dr. Roger Hunsley was jare lank by die skool betrokke. Hy was bekend om sy “slagoslesi­ng”. Hunsley se lesings was toegespits op die ooreenkoms tussen bouvorm en vleisprodu­ksie. Oogspierop­pervlaktes is gemeet omdat dit ’n goeie aanduiding van bespiering is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa