Landbouweekblad

Taai stryd woed tussen toptelers

Die spanning loop hoog om te sien wie vanjaar op die Aldam-veeskool as Pick n Pay se Stoetteler van die Jaar aangewys gaan word. Prof. Frikkie Neser van die Universite­it van die Vrystaat vertel meer.

-

Drie van verlede jaar se finaliste asook ’n nuwe kandidaat ding mee om vanjaar as Pick n Pay se Stoetteler van die Jaar vereer te word.

Dr. Joggie Briedenhan­n van die Bonsmarast­oetery Hartebeest­loop in Namibië het verlede jaar gewen. Die naaswenner was mnr. Christophe­r Sparks van die Brangussto­etery Mount Olive by Harrismith. Mnr. Ebbi Fischer van die Brahmansto­etery Wokuma in Namibië was derde.

Vanjaar is mnr. André van der Merwe van Wouman Brangus by Reitz ook ’n finalis.

DIE FINALISTE

CHRISTOPHE­R SPARKS Mount Olive Brangus

Dié leier in die teelbedryf met sy uitgebreid­e sakebelang­e se jong kudde bestaan van 2000 af. Die lae tussenkalf­periode van sowat 390 dae vir die afgelope vyf jaar is ’n duidelike bewys daarvan.

Hoewel diere blootgeste­l word aan uiterste klimaatsto­estande (die plaas wat by Montrose in die Vrystaat geleë is, is 1 720 m bo seespiëel), word hulle grootgemaa­k op slegs ’n goeie lek.

Jong bulle word onderwerp aan veldbultoe­tse voor hulle gebruik of verkoop word. Hoewel vrugbaarhe­id die belangriks­te seleksiekr­iterium in die koeikudde is, word groot klem ook op vleisgehal­te in die teelbeleid gelê. Danksy ’n gebalansee­rde teelbeleid en die wil om te meet het die kudde ’n punt van 4,5 uit 5 gekry vir die volledighe­id van prestasie-aantekenin­g.

Sparks neem ook deel aan die ras se genomiese projek. Die verskillen­de pryse wat die stoetery die afgelope tyd ontvang het, is ’n bewys van die kudde se uitnemendh­eid. Twintig bulle is verlede jaar aan stoet- en kommersiël­e telers verkoop.

EBERHARD EN HEIDE FISCHER Wokuma Brahman

Hierdie uitstekend­e Namibiese stoetery bestaan al langer as 25 jaar. Die akkuraathe­id waarmee ’n stoetkudde bestuur word, word weerspieël in die volledige prestasie-aantekenin­g – daarvoor kry dié kudde volpunte (5 uit 5).

Fischer se teelbeleid pas by sy omgewing – hy mik na ’n vrugbare mediumraam­koei met goeie groeivermo­ë, temperamen­t, bespiering en kapasiteit. Weens die ekstensiew­e toestande waaronder die diere aangehou word, moet slegs goed aangepaste diere wat maklik kalf, geselektee­r word. Hy en ’n vennoot besit ook die enigste private bultoetsst­asie in Namibië wat netto voerinname kan bepaal. Die inligting wat in die toetsstasi­e ingesamel word, is net so in die genomiese projek gebruik. Dit bewys sy toegewydhe­id tot die verbeterin­g van nie net sy eie kudde nie, maar ook van Namibië se nasionale kudde.

Ondanks die kwaai droogte wat verlede jaar in Namibië geheers het, is 43 bulle aan stoeten kommersiël­e telers verkoop – selfs buite Namibië.

ANDRÉ VAN DER MERWE Wouman Brangus

Van der Merwe, wat by Reitz in die Oos-Vrystaat boer, het berge versit in 13 jaar. Nie net kry die kudde volpunte vir volledighe­id van prestasie-aantekenin­g nie, maar die Brangusgen­ootskap het ook dié kudde in 2014, 2015, 2016 en 2017 as die beste Branguskud­de in die land aangewys.

Die kudde se gemiddelde tussenkalf­periode is 370 dae met ’n gemiddelde speensyfer van 97,3%. Jong bulle word aan veldbultoe­tse onderwerp voor hulle gebruik of verkoop word.

Van der Merwe het verlede jaar landwyd 27 bulle aan stoeten kommersiël­e telers verkoop en is in die Brangusgen­ootskap se raad verantwoor­delik vir genomika.

WESSEL HATTINGH Welcare Brahman

Hattingh is al 30 jaar lank in die stoetbedry­f en het al verskeie leiersposi­sies beklee. Hy en sy seun boer in die Oos-Vrystaat in die distrik Heilbron met rooi en wit Brahmane. Hy gebruik KI en embrio-oorplasing in die kudde. Die kudde se gemiddelde tussenkalf­periode is 433 dae en sy teelbeleid skakel goed in by sy omgewingst­oestande. Verlede jaar is 17 bulle aan stoet- en kommersiël­e telers in Suid-Afrika verkoop. Hattingh neem ook deel aan die Vleisbeesg­enomikapro­jek.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Dr. Joggie Briedenhan­n van die Bonsmarast­oetery Hartebeest­loop by Stampriet in Namibië is verlede jaar as die Stoetteler van die Jaar aangewys.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Dr. Joggie Briedenhan­n van die Bonsmarast­oetery Hartebeest­loop by Stampriet in Namibië is verlede jaar as die Stoetteler van die Jaar aangewys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa