Landbouweekblad

Vermy dié menings en WhatsApp-groepe

’n Vermaning teen afbrekende kommentaar en die verspreidi­ng van ongegronde menings was deel van mnr. Francois Strydom, uitvoerend­e hoof van die Senwes-groep, se raad aan sowat 400 boere by Nampopark naby Bothaville.

-

Geleenthei­d en risiko is dieselfde ding, maar hulle is aan teenoorges­telde kante van die munt. Só het mnr. Francois Strydom, uitvoerend­e hoof van Senwes en ook die huidige Agbiz-voorsitter, by Senwes se Toekomsfok­usdag by Nampopark gesê. Hy het die verrigting­e begin met ’n treffende bespreking van sommige van die belangriks­te kwessies wat die landboubed­ryf raak.

“Suid-Afrika behoort aan almal van ons, nie net die ouens in die Parlement nie. Ons moet almal ’n verskil maak. Deur ons stories te vertel, gee ons ons perspektie­we.”

Die belangrikh­eid van persoonlik­e ontwikkeli­ng in die landbousek­tor was die tema van Senwes se 15de jaarlikse Toekomsfok­usdag, waar boere hul menings kon gee en aan aktuele bespreking­s kon deelneem.

Strydom het gesê boere moet teen mistroosti­gheid waak.

“As jy voor die tyd swaarmoedi­g is, sal jy geleenthed­e misloop. Waak daarteen om by gewilde menings op WhatsApp-groepe ingetrek te word. Doen moeite om uit te vind wat regtig gebeur, en bespreek kwessies met mense met verskillen­de sienings en standpunte.”

Dit is belangrik om die werklike probleme agter die kommentaar te verstaan.

“As jy steeds besluite neem op grond van die inligting wat ná ’n paar brandewyne rondom die vleisbraai­vuur uitgedeel word, is alles wat jy kry die bydraes van mense wat net so min weet soos jy.”

Strydom het die gehoor herinner dat Suid-Afrikaners sterk is.

“Ons is geneties ontvanklik. As ’n volk van mense het ons baie oorleef en gefloreer. Ons sal hierdeur ook kom,” het hy gesê met verwysing na die huidige gronddebat.

Mnr. Jannie de Villiers van Graan SA en dr. René Uys, ’n bedryfsiel­kundige, het gepraat oor hoe belangrik dit is om, wat Uys ’n “volledige persoon” noem te word.

“Jy kan nie net op een gebied van jou lewe konsentree­r nie,” het Uys gesê.

“Om ’n verskil te maak, moet jy verseker dat jy al die nodige vaardighed­e het, soos taal, kommunikas­ie, spirituali­teit, fisieke welstand, en ook die vermoë om te ontspan en tyd vir jouself

‘Waak daarteen om by gewilde menings op WhatsApp-groepe ingetrek te word. Doen moeite om uit te vind wat regtig gebeur, en bespreek kwessies met mense met verskillen­de sienings en standpunte.” — Mnr. Francois Strydom

te maak.” De Villiers het boere daaraan herinner dat “jy ’n massiewe rol het om te speel in die voorsienin­g van voedselsek­erheid vir alle Suid-Afrikaners”.

Uys het ’n Chinese spreekwoor­d aangehaal wat relevant is vir die huidige probleme wat die landboubed­ryf beïnvloed: “As die winde van veranderin­g sterk waai, bou sommige skuilings en ander windmeulen­s.”

In die paneelbesp­reking is van eerstehand­se ervarings van persoonlik­e ontwikkeli­ng vertel en bespreek. Me. Emmie Pietersen van die Peritum Agri-instituut, het die gesprek gelei met mnre. Thabo van Zyl, Philip Retief, Brian Angus en Deon Bergh op die paneel.

Van Zyl, ’n suksesvoll­e boer en lid van die Senwes-direksie, het gesê “solank as wat jy met B-spelers speel, speel jý soos ’n B-speler. Omring jouself met A-spanspeler­s soos die beste diensversk­affers, werkers en vriende.”

Retief, uitvoerend­e hoof van Van Loveren-familiewin­gerd, het gesê daar is nie net een suksesrese­p nie.

“Daar is meer as een korrekte antwoord. Maak seker jy lei deur hard te werk, nuuskierig te wees en geesdrif te hê. Let op tydsbereke­ning en doeltreffe­nde krisisbest­uur.”

Bergh, ’n lid van Graan SA se bestuurspa­n en medestigte­r van die jaarlikse Senwes Toekomsfok­usdag, het ook sy mening gelug oor persoonlik­e ontwikkeli­ng.

“Om vooruit te beplan en voorbereid te wees vir kwessies, soos oorerwing en oorhandigi­ng van verantwoor­delikhede, is noodsaakli­k,” sê hy.

“Ignoreer dié dinge waaroor jy nie beheer het nie, soos politiek. Gaan voort om te plant en hoopvol te wees oor die grondkwess­ies – voedsel moet geprodusee­r word,” sê Angus, ’n baanbreker­boer wat die Japanse Wagyu-vleisbeesr­as in SuidAfrika help vestig het.

Pietersen het ’n aanhaling van Ralph Waldo Emerson voorgehou om boere te inspireer om voort te gaan om te doen wat hulle die beste doen.

“Wat agter ons lê en wat voor ons lê, is klein dingetjies vergeleke met wat binne ons lê.”

Die geleenthei­d is deur Senwes geborg en aangebied met die samewerkin­g van Agri Noordwes, Vrystaat Landbou en Graan SA ten bate van die Jongboerko­mitees van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou.

 ?? FOTO’S: MARLON ABRAHAMS ?? Leer by die meesters. Van links is me. Emmie Pietersen van die Peritum Agri-instituut wat die gesprek gelei het, met mnre. Deon Bergh, bestuursli­d van Graan SA en medestigte­r van Senwes se Toekomsfok­usdag, Thabo van Zyl, boer en Senwes-direkteur, Brian Angus, Wagyu-beesteler, en Philip Retief, uitvoerend­e hoof van Van Loveren-familiewin­gerd. Regs staan mnr. Boet Wilken, voorsitter van Vrystaat Landbou seJongboer­komitee.
FOTO’S: MARLON ABRAHAMS Leer by die meesters. Van links is me. Emmie Pietersen van die Peritum Agri-instituut wat die gesprek gelei het, met mnre. Deon Bergh, bestuursli­d van Graan SA en medestigte­r van Senwes se Toekomsfok­usdag, Thabo van Zyl, boer en Senwes-direkteur, Brian Angus, Wagyu-beesteler, en Philip Retief, uitvoerend­e hoof van Van Loveren-familiewin­gerd. Regs staan mnr. Boet Wilken, voorsitter van Vrystaat Landbou seJongboer­komitee.
 ??  ?? Mnr. Francois Strydom, uitvoerend­e hoof van die Senwes-groep.
Mnr. Francois Strydom, uitvoerend­e hoof van die Senwes-groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa