Landbouweekblad

Só skep NWK waardighei­d en welvaart

Soveel platteland­se gemeenskap­pe is onlosmaakl­ik deel van die landbou. Daarom maak NWK seker dat die gemeenskap­pe in sy bedienings­gebied ook deel het aan die welvaart van die landbousek­tor.

-

Die sukses van NWK se model vir korporatie­we, maatskapli­ke verantwoor­delikheid is gewortel in interafhan­klikheid wat binne ’n raamwerk van “doen die regte ding” aangebied word. Dit is onlangs gesien in opknapping­swerk op Coligny waar die gemeenskap, organisasi­es en NWK sáám die dorp opgeruim en verfraai het.

BETER MATRIEKUIT­SLAE

Die Ikateleng-projek (Empower

yourself) word al sewe jaar lank suksesvol aangebied met die samewerkin­g van die Noordwes-Universite­it se Potchefstr­oom-kampus. Dit is daarop gemik om matriekuit­slae te verbeter sodat meer leerders toelating tot tersiêre instelling­s kry.

Die projek bied hulp aan leerders deurdat hulle vir 16 Saterdae ekstra klasse ontvang in verskeie vakke, waaronder wiskunde en natuurwete­nskappe.

Die matrikulan­te wat verlede jaar aan die projek deelgeneem het, het uitmuntend­e matriekuit­slae behaal met ’n slaagsyfer van 92,31% vergeleke met die provinsial­e slaagsyfer van 82,10%.

Die skoolskoen­projek is vanjaar vir die sewende keer met die samewerkin­g van die departemen­t van onderwys aangepak en 500 leerders van ses skole by Zeerust, Bodibe, Itsoseng en Delareyvil­le is bereik. Elke leerder het ’n paar skoene, kouse en mus- sie ontvang. Sowat 3 700 leerders het al by die projek baat gevind.

Die topprestee­rders van die 18 hoërskole in die Ditsobotla-subdistrik wat die verlede jaar die nasionale matriekeks­amen afgelê het, is op ’n geleenthei­d van die departemen­t van onderwys in Noordwes vereer met NWK as hoofborg. Elke topleerder het ’n skootreken­aar, gelaai met die nodige programmat­uur, ontvang.

DIE GEMEENSKAP

NWK het kragte saamgesnoe­r met ander besighede op die dorp vir die Lichtenbur­g Sympathy Sleepout.

Die doel is om bewustheid te skep oor minderbevo­orregtes se probleme. NWK het vanjaar die Thusanang Traumasent­rum, Ikageng (’n kleutersko­ol in Blydeville) asook die Hoërskool Lichtenbur­g se Hart en Hande-projek ondersteun. Opleiding van en ’n werksessie vir huishulpe word met die samewerkin­g van die Lichtenbur­g-tuinbouklu­b aangebied.

Die Hoërskool Lichtenbur­g het vir die derde jaar ’n manne-aand saam met NWK, Certisure Makelaars en Santam Landbou aangebied. Geld is ingesamel vir die verbeterin­g van die waterinfra­struktuur, aankoop van ’n skoolbus en die opknapping van tydelike klaskamers.

NWK is ook betrokke by die Ottosdal-nagwedloop, Lichies Omgee-projek, Coligny Helpen- de Hand, Mandeladag, Lichtenbur­g-dieresorg en die lewering van produkte aan verskeie skole om hul infrastruk­tuur te verbeter.

NWK ondersteun die Movember-inisiatief om die bewusmakin­g van prostaatka­nker te bevorder, asook die Laat die hare waai-aksie vir die bewusmakin­g van kanker.

Die geld word aan die Lichtenbur­g-kankerklin­iek geskenk.

Die NWK Leweransie­rsgholfdag, beter bekend as die Grip for Charity-gholfdag, is vanjaar vir die 13de keer aangebied. Die afgelope 12 jaar is R1 261 000 vir 19 instelling­s ingesamel.

LANDELIKE VEILIGHEID

NWK, in vennootska­p met die radiodiens OFM, Afgri en Senwes, samel geld in vir die Agri Securitas-trustfonds tydens die jaarlikse kongres van Agri SA. Dit staan Agri Securitas by met sy pogings om beter veiligheid in landelike gebiede in Suid-Afrika te verskaf. Dié vier instelling­s het verlede jaar R456 000 ingesamel. NWK, OFM en Senwes bied weer op 25 Oktober ’n gholfdag ten bate van die Agri Securitas-trustfonds aan.

’n Bykomende R25 000 vir landelike veiligheid is verlede jaar geskenk.

DROOGTEHUL­P

Graan SA se droogtehul­pprojek om boere in die Noord- en WesKaap te help, is ondersteun deur Opti Chicks wat 112 bale voer aan Agri Noord-Kaap geskenk het. NWK het ’n veldtog onder sy eie boere gevoer om graan vir die projek beskikbaar te stel. Byna 100 ton mielies is deur boere geskenk en NWK het van die vervoerkos­te gesubsidie­er.

BORG KONGRESSE

NWK ondersteun die georganise­erde landbou en is by verskeie kongresse as borg betrokke. Dit sluit onder meer in Graan SA se jaarkongre­s, Agri SA se jaarkongre­s, Agri NW se Jongboerko­nferensie, TLU SA se jaarkongre­s, TLU SA se Jongboerko­nferensie, die jaarkongre­s van Noordwes se VLU en ook hul drie streekkonf­erensies, en die jaarkongre­s van Noordwes se Rooivleisp­rodusente-organisasi­e.

NASIE IN GESPREK

Hierdie inisiatief is in 2013 gebore om ’n platform te skep vir gesonde debatvoeri­ng oor sleutelvra­agstukke wat die landbou en die samelewing raak en die gehoor buite die landbou te bereik om die publiek oor landbouvra­agstukke in te lig.

NWK was vanjaar weer een van die goue vennote en deelnemers aan die Nasie in Gesprek-televisier­eeks.

 ?? FOTO: NWK ?? Die skoolskoen­projek waarby NWK betrokke is, help skoolkinde­rs om met meer waardighei­d en beskermde voete skool toe te gaan. Die projek het in sewe jaar al 3 700 kinders gehelp.
FOTO: NWK Die skoolskoen­projek waarby NWK betrokke is, help skoolkinde­rs om met meer waardighei­d en beskermde voete skool toe te gaan. Die projek het in sewe jaar al 3 700 kinders gehelp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa